BEKEER NOU

1. Bekeer nou en besef jy is n sondaar, Rom 3:10 se: “soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.” Lees regverdigheid om beter te verstaan.

2. Weet dat die straf vir sonde is die ewige vuur van hel. Op 21:8 “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaarshulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”

3. Wees bereid om te bekeer: Han 17:30;31”God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” Mat 16:24 TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en  sy kruis opneem en My volg.”

4. Glo dat Jesus die seun van God is en vir jou sondes gesterf het op die kruis +/- 2000 jaar terug en vra Hom nou om in jou hart te kom en jou n nuwe mens te maak(wedergebore), sit al jou vertroue in Hom. As jy nie weet hoe nie, net daar waar jy sit, praat met Jesus, Hy wag al baie lank vir jou.

As jy vir Jesus aangeneem het, wat nou?

1. Lees jou bybel elke dag om nader aan God te kom. Verkieslik die 1953 OV Bybel of die KJV.
2. Praat heeltyd met God en leef deur die gees binne jou. Lees Leef deur die Gees.
3. Vertrou eerste op God.
4. Word gedoop as teken van wat gebeur het, soek ander christene en aanbid saam met hulle. Onthou die finale gesag le altyd in die bybel, as iets nie lekker voel nie soek die antwoord in die bybel. Lees doop vir meer inligting.
5. Vertel vir ander die goeie nuus.