Hoogmoed – Ken Jou Plek!

Ons moet ons plek ken binne God se koningkryk. Dis Jesus se koningkryk, sy reels, sy orde, sy verhaal. Binne hierdie koningryk is daar geen plek vir die gees van hoogmoed want die gees gaan jou uit jou plek skuif net soos vir satan.

As die gees van hoogmoed in jou is, gaan hierdie woord jou erg onstel soos dit vir my onstel het. Maar weet as ons in God se koningkryk wil wees moet ons aan sy orde gehoorsaam wees en van die hoogmoed laat gaan. God het n perfekte meester plan storie, al maak baie nie sin nie, wees jy net wat God jou gemaak het.

Die Jode

Markus 7:24-30 EN Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie. Want ‘n vrou wie se dogtertjie ‘n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval. En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf. Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie. En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels. En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar. En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê.

Die kinders waarvan Jesus praat is die Jode (Israel en Juda). Die honde waarvan Jesus praat is die heidine, want die vrou was n griek. Sy het haar plek geken en gevra: “As daar net krummels van die Jode se tafel kan afval, sal ons onder die tafel eet”. Jesus het toe vir haar gese terwille van hierdie woord, sal die duiwel uit jou dogter vaar.

Die selfde kinders(Jode) het Jesus nie aanvaar nie en laat doodmaak. Die selfde Jode is vandag inbeheer van baie onheile oor hulle van die rykste mense op aarde is. Meeste het heel afvallig geword van God deur allerande valse leeringe soos Kabbalah. En tog sien ons hierdie in die skrif: Rom 11:8 …..God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

God het dit gedoen aan hulle want; Rom 11:11 ….Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

Hy het dit vir ons gedoen, die honde onder die tafel…. Want Hy is lief vir ons en dit was sy plan van die begin af. Maar let nou mooi op en ken jou plek; Rom 11:20-22 ….Moenie hoogmoedig wees nie (teen die Jode), maar vrees. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie. Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.

Hulle is nogsteeds die uitverkiestes; Rom 11:28 Wat die evangelie betref, is hulle(Jode) wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

God gaan die hele Israel verlos; Rom 11:26-27 ..en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

Die Vrou

Ef 5:22-24 VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.

Die vrou moet onderdanig wees aan haar eie man soos die gemeente is aan Christus. Hierdie is een van die moeilikste goed vir n vrou want elke vrou kan aan n 1000 redes dink hoekom sy nie vir haar man moet luister nie. Die proses noem mens “regverdiging” – daarom kom daar eendag n oordeel. Die probleem is, God het nie jou opinie gevra nie, Hy vra gehoorsaamheid al dink jy wat ookal.

Van die begin af was hierdie n probleem vir vroue, die bybel is vol voorbeelde van vroue wat nie na hul mans geluister het nie. Groot een is Lot se vrou wat in n sout pilaar verander het. En ek glo dat in die eindtyd daar weer so toets gaan kom vir alle vroue wanneer God se wraak op aarde neergestort gaan word.

Die man se verantwoordelikheid is groot en al voel jy wat jou man se om te doen gaan lei tot jou ondergang en jy doen dit nogsteeds; so sal jy die kroon by Jesus kry.

Die Man

Ef 5:25-29 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

Liefde is n werkwoord. Dink aan hoe God jou as man elke dag vergewe vir wat jy heeltyd doen. Skreeu of slaan Jesus jou as jy verkeerd doen? Of as jy nie saam met Jesus stem nie. Jesus het ons lief met al ons foute, hy vergewe ons die heeltyd. Doen jy dit vir jou vrou? Hy sorg vir jou elke sekond van die dag, wat doen jy vir jou vrou?

Om jou vrou lief te he soos Christus die gemeente het gaan jy jouself moet oorgee aan haar. Dit gaan baie moeite verg – maar is sy die moeite werd? Is jy die moeite werd vir God? Al voel jy vandag nie lus of al dink jy sy is dit nie werd nie oor sy my nie respekteer nie sal God dit nogsteeds vir jou doen.

Jy sien mans sukkel baie met hierdie, want mans wil net gee as hulle ontvang. Hulle moet eers iets kry dan sal hulle… Maar dis nie wat God van ons verwag nie. Ons moet alles gee al kry ons niks terug nie. Dan moet ons aanhou vergewe al besef hulle nie eers wat hulle gedoen het nie.

Jesus se: Ons moet ons naaste liefhe soos onself. Die persoon die naaste aan jou is jou vrou. Hoe meer liefde ons kan gee vir n vrou wat ons dink verdien dit nie – hoe grooter ons kroon. Jy moet so baie van jou hart gee, dat as sy jou los of op jou verneuk moet jy totaal en al gebreek wees…..Net soos Jesus gebreek raak oor jou…. Dan net soos die vrou jou onderdanig moet wees, moet ons ook aan Jesus onderdanig wees in alles.

En dis waarmee ek afsluit; ons as heidin man se plek is onderdanigheid aan Jesus in geloof, liefde sonder einde vir ons vrou en laastens in eerbied teenoor Israel God se bemindes.

 Save as PDF