Die Brein – WAT ELKE CHRISTEN MOET WEET

PSIGOTERAPIE, PSIGIATRIESE MEDISYNE

en die

CHEMIE van die BREIN

WAT ELKE CHRISTEN MOET WEET

Callie Joubert (PhD; D.Phil)

calliej@mweb.co.za

1 November 2010

1. Inleiding

Wat ek vervolgens aanbied is inligting wat ek glo elke Christus-gelowige MOET WEET. Dit is hoofsaaklik inligting wat nie aan hulle meegedeel word deur persone wat daagliks in die naam van die wetenskap handel dryf, of te wel, “geld maak” nie. Sover dit ons verstaan van die mens en die oorsake en oplossing van sy probleme aangaan, het twee vrae van kritiese belang geword:

  • Hoe waar of juis is die “wetenskaplike insigte” wat ons in die naam van die sielkunde en psigoterapie, psigiatrie en psigiatriese medisyne, en die neurowetenskap en die brein verkoop word?
  • Het Bybelse insigte oor die mens vir ons nog enigsins betekenis?

Ek wil daarom dadelik tot die punt kom. Ons staar ‘n tweërlei probleem in die oë. Aan die een kant het bitter min van ons insig in presies wat die menswetenskappe behels, wat die vertrekpunte (aannames of veronderstellings) is van wetenskaplikes in hul onderskeie studievelde, hul oogmerke, hoe hulle hul wetenskaplike bevindings interpreteer en wat dit impliseer. Wanneer ons dus iets hoor of lees soos, “So byvoorbeeld is wetenskaplik bevind dat gevoelens van verliefdheid en aangetrokkenheid tot mekaar (wat ook by sekere diere voorkom) voortspruit uit hormone en die chemie van die brein”, dan is die neiging om dit sondermeer te aanvaar. Nou dit mag as ‘n verassing kom, maar dit is die siening van ‘n baie spesifieke soort gedagterigting in die wetenskap. Die essensie daarvan is die volgende: ‘n menslike persoon is niks meer as ‘n brein (biologiese orgaan) nie; sielkundige probleme het net biologiese oorsake, en ‘n persoon het nie werklik beheer oor sy of haar gedrag nie. Dit is gevolglik van groot belang om te weet wat hierdie gedagterigting behels.

Die ander kant van die probleem wil ek soos volg stel. Wanneer gelowiges hul wetenskaplike insigte oor die brein op die Skrif van toepassing maak of die Skrif gebruik om hulle wetenskaplike insigte te ondersteun, dan is daar die neiging om dinge by die Skrif in te lees wat dit nie sê nie, of die Skrif so te interpreteer dat nie sê nie wat dit wel sê. Dit blyk duidelik uit die volgende stelling van ‘n Christen en neurosielkundige: “My main point…medical science has advanced our understanding of the biological basis of some mental illnesses which in earlier times were identified as moral or spiritual problems“. Met hierdie vee van die hand wil dié wetenskaplike ons laat dink, en glo, dat die Bybel nie meer ernstig hoef opgeneem te word nie. Ons kan nou die Bybel lees om by die wetenskap aan te pas. Maar die skrywer sê ook iets wat mense oor die algemeen verkies om te hoor. Hulle wil hoor dat die oorsake van hul probleme, hetsy depressie, spanning of allerlei interpersoonlike konflikte, in iets (bv, in die liggaam) of by ‘n ander persoon gesoek moet word (veral ‘n pa of ma!). Wat is ons hedendaagse oplossing? ‘n Pil of tonikum. Hou egter in gedagte, ‘n pil of tonikum mag ‘n persoon beter laat voel, maar wat ‘n persoon beter laat voel, is nie noodwendig gesond nie. En dit is presies hier waar die GEVAAR lê. Dit is nie soseer die dinge wat ons weet wat ons in warm waters laat beland nie, maar die dinge wat ons dink ons weet wat NIE SO IS NIE.

Wat volg

In wat volg gaan ek so kort en bondig wees as moontlik. Dit beteken dat ek bronverwysings sal gebruik om standpunte te ondersteun en slegs kommentaar sal lewer waar ek dink dit sal help. Alhoewel die brein en neurowetenskap my fokus gaan wees, gaan ek eers ‘n bietjie van ‘n agtergrond skep sodat, wat daarop volg, beter verstaan kan word. En dit is om van ‘n aantal mites oor psigoterapie, psigiatriese medisyne en breinchemie uit die weg te ruim. Daarna gaan ek my bepaal by ‘n bespreking van die “innerlike mens” in Bybelse perspektief. Ek sal die bespreking afrond met ‘n kort evaluering van neurowetenskaplike insigte oor die mens vanuit ‘n Bybels-gedrewe beskouing van die persoon. Dit beteken my belang is hoofsaaklik in hoe dinge behoort te wees, en nie hoe dit voorkom om te wees nie. Vir die doeleindes van hierdie artikel is drie notas belangrik om in gedagte te hou:

  • “Mite” verwys na iets wat mense glo is waar, maar in werklikheid vals is.
  • Alle vetgedrukte woorde is my klem.

Alle Skrifaanhalings is uit die Ou Vertaling, tensy anders aangedui.


2. MITES


2.1 Oor die sielkunde en psigoterapie


(1) Psigoterapie is goed vir ‘n mens. Die getuienis is die teenoorgestelde; dit kan hoogs nadelig vir ‘n persoon wees. Hier is hoe die navorings-sielkundige Hobart Mowrer sover terug as 1961 sy bevinding in The Crisis in Psychiatry and Religion opgeteken het: “On other occasions I have documented the statement that there is not a shred of evidence that psychoanalyzed individuals permanently benefit from the experience; and there are equally clear indications that psychoanalysis, as a common philosophy of life, is not only nontherapeutic but actively pernicious” (p. 161). Donald Goodwin (1986) het onder andere gewaarsku dat “talking therapies are of little value and that psychotherapy can make people worse” (in Breggin 1991:17; sien ook Gross 1978:18-54). Psigiater Thomas Szasz (1988:xvii) het sy oortuiging soos volg gestel: “My point is…many, perhaps most, so-called psychotherapeutic procedures are harmful for the so-called patients;…this simple fact is now obscured by the…contemporary use of the term psychotherapy“. In 1960 het professor in die sielkunde Hans Eysenk ‘n artikel geskryf onder die titel: “What’s the Truth about Psychoanalysis?”, en sy antwoord: “The success of the Freudian revolution seemed complete. Only one thing went wrong: the patients did not get any better” (in Mowrer 1961:133). As ‘n eerste reel, het dieselfde sielkundige gesê: “Do not believe anything you see written about Freud or psychoanalysis, particularly when it is written by Freud or other psychoanalysts, without looking at the relevant evidence. In other words, what is stated is often incorrect…” (1985:26; klem in die oorspronklike. Sien ook Masson 1989, 1992 en Webster 1995).

(2) Sielkundiges is suksesvol omdat hulle geleerd is. Psigiater en antropoloog Fuller Torrey (1983:1) se navorsing het aan die lig gebring dat toordokters en psigiaters ewe effektief in hul onderskeie tegnieke en resultate is. Verskeie ander toetse het getoon dat “untrained laymen do as well as psychiatrists and clinical psychologists” (Gross 1978:52; sien ook Zilbergeld 1983:7). Dit mag as ‘n verassing kom, maar hoewel psigiaters mediese dokters is, sê psigiater en professor Peter Breggin (1991:1), “many psychiatrists have little or no training in how to communicate with people about their problems”. Op ‘n ander plek skryf hy: “…the typical modern psychiatrist – by disposition, training, and experience – is wholly unprepared to understand anyone’s psychospiritual crisis. With drugs and shock treatment, the psychiatrist instead attacks the subjective experience of the person and blunts or destroys the very capacity to be sensitive and aware. No wonder the treatment of mental patients often looks more like a war against them. It often is” (ibid, 31). Breggin maak dan ook die volgende allerverskriklikste stelling: “I have not found that medical research or practice in general suffers from as much bias and outright corruption as in psychiatry” (ibid, 141). Wees daarom nie verbaas nie, “the likelihood of two psychiatrists labeling the same patient with the same diagnosis is quite low” (psigiater Gary Almy 2000:291). Herb Kutchins en Stuart Kirk (1997:53) stel dit so: “[T]he illusion that psychiatrists are in agreement when making diagnoses creates the appearance of a unified professional consensus. In fact, there is considerable professional confusion”. Dit lei tot die volgende vraag: “If well-trained and well-intentioned therapists often fail to agree on specific diagnoses, how can the incompetent or purposely deceptive diagnostician be identified?” (ibid).

(3) ‘n Sielkundige probleem of persoonlikheidsversteuring is iets wat ontdek is deur die wetenskap. Die teendeel is, wat as ‘n sielkundige “probleem” ge-etiketteer word, is iets wat geskep (opgemaak) word. Psigiater Jerome Frank (in Zilbergeld 1983:88-89) stel dit so: “Psychotherapy is the only form of treatment which, at least to some extent, appears to create the illness it treats”. “Psychology and therapy are far from precise sciences”, sê kliniese sielkundige Bernie Zilbergeld (ibid, 140). Daarmee stem Christen en psigiater Gary Almy (2000:9-10) volmondig saam: “It does not require great intellect to see that counseling psychology has no base at all in rigorous empirical science…it is applied speculation, and its claim to have discovered scientific truth is a lie”. In die voorwoord van Making Us Crazy, ná ‘n in-diepte ondersoek van Herb Kutchins and Stuart Kirk (1997:ix & x) oor die DSM (Diagnostic and Statistical Manual wat psigiaters en sielkundiges gebruik om diagnosis te doen) skryf kliniese sielkundige Dorothy Rowe soos volg: “[The DSM]…should concern us greatly because, like MacDonalds and Microsoft, it’s here and affecting our way of life, and not always to our benefit. Indeed, we have much cause for concern because it is being used increasingly by mental health professionals in their daily work and in relation to the law and to health insurance. The use of the DSM…reflects a growing tendency in our society to medicalize problems that are not medical… Does a model of the mind in terms of disease accurately reflect how we think, feel and act? There is a huge body of evidence which suggest that it does not…”. Kutchins and Kirk (ibid, 54) se slotsom: “The unreliability of DSM is a chronic problem that the psychiatric establishment tried unsuccessfully to solve and would now rather ignore”.

Die DSM: ‘n Paar ander feite

  • Toe die DSM (Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders) in 1952 gepubliseer is, het dit 112 versteurings gelys.
  • In 1968 het die aantal versteurings in die DSM-II (2de weergawe) tot 163 vermeerder.
  • In 1981 het versteurings in die DSM-III met 61 nuwe “siektes” toegeneem, dit wil sê, tot ‘n totaal van 224.
  • In 1987 het die DSM-III-R (“R” = “revised edition”) se sielkundige “abnormaliteite” tot 253 gestyg.
  • In 1994 is die DSM-IV gepubliseer en lys nou ‘n verstommende 374 “siektes” of “abnormaliteite.” Van die “verteurings” wat gelys word is “bad writing” (tesame met “poor handwriting”), “snobbery”, “snoring”, “playing video games” (Malingering), “the tendency to steal things” (Antisocial Personality Disorder), “believing one’s homosexuality to be a mental illness” (Ego-dystonic Homosexuality), “the poor suffer from impoverished vocabularies” (Expressive Language Disorder), e.d.d.m.
  • DSM-V is geskeduleer om in 2012 te verskyn. Daar is reeds sprake dat die volgende “abnormaliteite” daarin opgeneem gaan word:



Internet Addictive Disorder (d.i. vir “compulsive surfers”).

Compulsive Shopping Disorder (oor ons TVs word dit aan kykers as “retail therapy” geadverteer, as ‘n manier om van spanning, frustrasies en allerlei konflikte ontslae te raak).

Binge Eating Disorder (beteken “vraatsigheid” en “gulsigheid” nog iets?).

Apathy Disorder (“traagheid” en/of “lusteloosheid”).

Parental Alienation Disorder (d.i. kinders wat van hulle ouers vervreemd geraak het omdat die ouers onder andere vir sekere van hul versoeke NEE! sê en hulle aansê om hulle kamers op te ruim).

Relational Disorder (d.i. wanneer iemand sukkel om met iemand anders oor die weg te kom; tans is daar ‘n Allergic to Human Beings Disorder).

Intermittent Explosive Disorder (beter bekend as “road rage”).

Een laaste feit mag ons nie by ons laat verby gaan nie.

  • Sekere “abnormaliteite” wat in die DSM-IV opgeneem of weggelaat is, het by wyse van stemming en onder druk van sekere “belange-groepe” plaasgevind (Kutchins & Kirk 1997. Making Us Crazy. DSM – The Psychiatric Bible and the Creation of Mental Disorders.

Die belangrike vraag is nou: Is dit wetenskap? Hoe kan hierdie gegewens deurgaan as wetenskaplike “insigte” of “ontdekkings”? Hoe kan dit wetenskap wees as wat aan ons voorgelê word die produkte is van die aantal hande wat die lug opgaan – vir of teen ‘n “versteuring” – en subjektiewe opinies? Sover terug as 1972 het Stanislav Andreski in sy Social Sciences as Sorcery geskryf, “psychology is perhaps the most difficult of all the sciences…where, consequently, significant discoveries are rare… Most of the practitioners, however, do not like to admit this and prefer to pretend that they speak with the authority of an exact science…” (p. 25).

Ons sal gevolglik ‘n baie groot fout begaan deur te dink dat die sielkunde of psigiatrie wetenskappe in die streng sin van die woord is. In sy boek Occult Invasion. The Subtle Seduction of the World and Church, wys Dave Hunt (1998:437) op die volgende bevinding: “In fact, a lengthy study appointed by the American Psychological Association (subsidized by the national Science Foundation and involving 80 eminent scholars) concluded in 1979 that psychology is not and cannot be a science”. Robert Dawes (1994) het gesê hy het sy boek House of Cards. Psychology and Psychotherapy Built on Myth geskryf uit woede. “Why is anger a motivation for writing this book?” vra hy. “[F]ar too much professional-practice in psychology has grown and achieved status by espousing principles that are known to be untrue and by employing techniques known to be invalid” (p. vii). Nou as u nog nie soos Dawes voel nie, oorweeg die volgende:

  • Hou 10-jarige Jannie daarvan om sy wiskunde-huiswerk te doen? Volgens die DSM-IV (met sy 374 persoonlikheidsversteurings) het Jannie Development Arithmetic Disorder.
  • Miskien is hy ‘n outjie wat met sy ouers argumenteer oor wat belangrik en onbelangrik is vir hom. Jannie het nou Oppositional Defiant Disorder.
  • En as ‘n sielkundige of psigiater bevind dat sy ouers sy gedrag opmaak (“uit hul duime suig”), dan lei hulle aan Fictitious Disorder Syndrome.
  • Indien sy ouers weier om vir hulself professionele hulp in te win, dan is dit ‘n simptoom van ‘n onderliggende sielkundige abnormaliteit. Dit is daar, reg in die DSM: hulle het ‘n Noncompliance with Treatment Disorder (sien Hunt, 325-326).


(4) Sielkunde kan met die Bybel aangevul word. Kliniese sielkundige Bernie Zilbergeld (1983:5) het gesê, “psychology has become something of a substitute for old belief systems… While in the past the common reference point was the Bible and its commentaries and commentators, the common reference point today is a therapeutic language and the success stories of mostly secular people-changers”. Voor hom het Martin Gross (1978:4) dit so gehad: “[A]s the Protestant ethic has weakened in Western society, the confused citizen has turned to the only alternative he knows: the psychological expert who claims there is a new scientific standard of behavior to replace fading traditions”. Christen en professor in die sielkunde, Paul Vitz (1994:x) skryf in sy boek, Psychology as Religion. The Cult of Self-Worship, “psychology has become more a sentiment than a science and is now part of the problem of modern life…”, en gaan voort om te sê dat sielkunde het ‘n godsdiens geword: “a secular cult of the self. By this I mean an intensely held worldview, a philosophy of life or ideology. More specifically…contemporary psychology is a form of secular humanism based on the rejection of God and the worship of the self” (p. xii). Christen en psigiater Gary Almy (2000:9 & 10) spreek sy kommer soos volg uit: “The belief that psychology is simply a part of ‘God’s truth’ outside of Scripture needs serious evaluation. Does psychology really fill in gaps not covered in Scripture? Sadly…many within the church seem not to care that its scientific claims are false“.

(5) Probleme is sielkundige of mediese probleme. ‘n Psigiater wat sy lewe daaraan toewy om hierdie mite te beveg is Thomas Szasz. Sy motivering stel hy so: “I hold that psychiatric interventions are directed at moral, not medical problems…” (1972:11). “The omission from psychiatric theories of moral issues and normative standards, as explicitly stated goals and rules of conduct, has divorced psychiatry from precisely that reality which it has tried to describe and explain” (p. 14). Dit sal goed wees om te sien wat Szasz bedoel. As vertrekpunt gebruik hy (1973:25) die volgende definisie in Webster’s Third New International Dictionary:

[Ethics is] the discipline dealing with what is good and bad or right and wrong or with moral duty and obligation…; [it is also] a group of moral principles or set of values…[and] the principles of conduct governing an individual or a profession: standards of behaviour…


Sy eerste punt is dat etiek (behoorlikheidsgedrag) direk betrekking het op mense-aangeleenthede, dus beginsels van gedrag wat op geen manier met diere, die tegnologie of sterre verband hou nie. In die woorde van Szasz, “conduct implies this: only persons conduct themselves; animals behave, machines function and stars move” (ibid.). Die tweede aspek van sy definisie vestig aandag op die feit dat alle menslike gedrag in wese morele gedrag is. Waarom? Eerstens, gedrag is die produk van ‘n keuse of besluit, en tweedens, gedrag is goed of sleg en reg of verkeerd. Szasz se slotsom: “The ethicist is a behavioural scientist par excellence” (ibid.). Die teoloog William Barclay (1971:13) was van dieselfde oortuiging: “If you want to put it into one sentence, ethics is the science of behaviour” (let op, albei die stellings is oor die 35 jaar terug gemaak).

Die titels van drie van Szasz se boeke spreek eintlik vanself: The Myth of Mental Illness (1961), The Manufacture of Madness (1970) en The Myth of Psychotherapy (1978/1988). In laasgenoemde sê hy, “Disease, I here argued, means, and should only mean, a disorder of the body…” (p. ix). Dit bring ons by ‘n volgende reeks mites, naamlik oor die sukses, invloed en uitkomste van pharmaterapie of chemieseterapie. In ons alledaagse taal dui dié woorde op die inneem van psigiatriese of psigotropiese medisyne (veral antidepressante) op voorskrif van ‘n mediese dokter of psigiater.

2.2 Mites oor psigiatriese medisyne


(1) Daar is selle in die brein wat sleg is vir en ‘n nadelige invloed het op gedrag. Psigiater Peter Breggin (1991:6-7) stel dit so: “I knew from the beginning of my studies – although only a college student, I was already reading psychiatric textbooks – that no one had found ‘bad cells’ as a cause of the psychiatric problems that were labeled schizophrenia, depression, or manic-depressive [bipolar] disorder. The hunt for a physical defect had been going on for centuries, with no success”.

(2) Chemiese of medisenale behandeling het goeie uitkomste en is suksesvol. “All the major psychiatric treatments work by producing brain dysfunction” (Breggin 1991:22); “Neuroleptics [antidepressante en kalmeermiddels] impact on the patient by causing a disease rather than by curing one” (p. 90); “Above all, don’t be fooled into believing that these drugs are actually treating a disease. They are suppressing overall brain function and creating disease” (p. 108); “The question must be asked, Are we producing permanent symptoms of mental dysfunction, including anxiety, depression, or mania, by giving patients antidepressants?… If the lessons of neurophysiology hold true, the brain DOES NOT FULLY REVERT TO NORMAL FUNCTIONING AFTER PROLONGED EXPOSURE TO TOXIC MEDICATIONS” (p. 191). Dit sal goed wees om die laaste sin weer te lees.

Vaar die neurowetenskap, die wetenskap van die brein, beter?

3. DIE NEUROWETENSKAP


Ons let eers op ‘n reeks vertrekpunte (aannames) omtrent die brein en persoon wat dié wetenskap onderlê, waarná ek aandag sal vestig op die mites wat dié wetenskap omring.

3.1 Die brein

 

 

(1) Neurowetenskap behels “the investigation of brains…born of the belief that nothing is out of bounds to science” (Taylor 2004:15); “And consider some of the core ideas in neuroscience: that brains process information, that brains generate every aspect of mental life, and that therefore science will eventually be able to provide a physical treatment for anything – and everything – we don’t like about ourselves” (ibid, 142). Kognitiewe neurowetenskap, as ‘n sub-ordersoekveld van die neurowetenskap, stel belang om te weet hoe sake soos sensasies, bewussyn, emosies, gedagtes, geheue en selfs liggaamsbewegings ONTSTAAN uit die struktuur en funksies van die brein.

(2) Die sleutel tot die verstaan van gedrag, insluitende leergedrag, die onwikkeling van kognitiewe (verstandelike) vermoëns en die kreatiewe oplos van probleme, lê in die brein. Elke vorm van gedrag (goed of sleg), elke soort begeerte, gedagte, keuse en sensasie, emosie en gevoel word geassosieer met bepaalde funksies van en areas in die brein, asook die oormatige of gebrekkige afskeiding van bepaalde chemikalië (neurotransmitters, molekules) in die brein (neurotransmitters maak die stuur en ontvangs van booskappe tussen neurone – breinselle – moontlik).

Serotonin“: is ‘n chemiese molekule wat onder andere geassosieer word met selfbeeld (gevoelens van eiewaarde), skuldgevoelens en depressie.

Dopamine“: dié transmitter gelei boodskappe van diep binne in die brein na die frontale lobbe en limbiese sisteem waar onderskeidelik denke en redenasie en die regulering van emosies plaasvind. “Dopamine”, so word ons vertel, het ‘n invloed op rasionele denke, die vermoë om vooruit te dink, om nee te sê vir versoekinge en ons “moods” (gemoedstemmings).

3.2 Die menslike persoon


(1) “Scientists instruct us that selves are to do with brains…” (Taylor 2002:115).

(2) “What, then, is this essence, the mysterious self. Neuroscientists have tended to locate it in the gaps between neurons. On this view, the self is the collective of all the strengths of all the synapses in a brain” (Taylor, 119); “…cognitive neuroscience is showing that the self, too, is just another network of brain systems” (Pinker 2002:42).

(3) “And when the brain dies, the person goes out of existence” (Pinker 2002:42).

Ons sal later sien wat hierdie vertrekpunte onderlê en wat hulle moeilik maak om met die Bybel en alledaagse gesonde verstand te versoen.

3.3 Mites oor die neurowetenskap


(1) Depressie is ‘n siekte in en van die brein. “[N]o causal relationship has ever been established between a specific biochemical state of the brain and any specific behaviour… What we do know is that some changes can increase the likelihood of one kind of activity or another” (Breggin 1991:173). “As yet there is no biology of depression. Seen from a scientific viewpoint, most biopsychiatric research is misleading and futile, since it attempts to locate an abnormality in the brain when depression usually develops in people with normal brain function… The fact that biochemical changes take place in the brain in association with intense moods PROVES NOTHING about which comes first [breinchemie of gemoedstoestand]. This confusion has led to misguided conclusions about…the pituitary gland during some cases of chronic depression” (ibid, 175).

In ‘n uittreksel van sy boek Prozak Backlash (2000) wat by

www.webheights.net/ depression/glenm/pb.htm geadverteer word, sê psigiater Joseph Glenmullen soos volg: “There is, in fact, no known depression centre in the brain” (p. 6 van 11); “We do not have a major depressive disease or even a manic depressive [bipolar] disease”; “Patients are often explicitly told they have such a disease, usually to justify treating them with medication” (p. 9 van 11).


(2) ‘n Chemiese wanbalans in die brein is die oorsaak van persoonlike probleme en versteurings. “Dozens of mass-market books misinform the public that a ‘broken brain’ or ‘biochemical imbalance’ is responsible for personal unhappiness. Yet, the only biochemical imbalances that we can identify with certainty in the brains of psychiatric patients are the ones produced by psychiatric treatment itself” (Breggin, 14); “…none of the major psychiatric interventions correct or improve existing brain dysfunction, such as any presumed biochemical imbalance. If the patient happens to suffer from brain dysfunction, then the psychiatric drug…will worsen or compound it” (p. 72). Die leser het dalk die punt gemis. In die woorde van Kutchins en Kirk (1997:xiv-xv), “As for this nonsense about chemical imbalance, NO ONE KNOWS WHAT A BALANCED BRAIN MIGHT BE. Reasearch on patients who are already depressed might show alterations in brain chemistry, but, as psychiatrists should know, a correlation CANNOT be considered a cause. A particular alteration in brain chemistry would have to be demonstrated invariably to precede depression, AND THIS HAS NOT BEEN DONE“. By

www.mental-health-abuse.org/psycHoax3.html kan die volgende stellings besigtig word:

  • “[T]here are no tests available for assessing the status of a living person’s brain” (Elliott Valenstein).
  • “In every instance where such an imbalance was thought to have been found, it was later proven false” (Joseph Glenmullen).
  • “There is no scientific basis for these claims [of using brain scans for psychiatric diagnosis]” (M. Douglas Mar).
  • “An accurate diagnosis based on a scan is simply not possible” (Michael D. Devous).
  • “As with all mental disorders, there is no biological test or biological marker for ADHD” (Ty C. Colbert).


(3) SRRI’s (Selective Serotonin Reuptake Inhibitor) – antidepressante herstel ‘n chemiese wanbalans in die brein wat veroorsaak word deur ‘n gebrek aan serotonin of ander neurotransmitters. Hier is ‘n paar kundiges wat se uitsprake die teendeel handhaaf:

  • “Contemporary neuroscience research has failed to confirm any serotonergic lesion in any mental disorder… In fact, there is no scientifically established ideal ‘chemical balance’ of serotonin, let alone an identifiable pathological imbalance” (Lacasse & Leo 2005:1212).
  • “A serotonin deficiency for depression has not been found” (psigiater Joseph Glenmullen, aangehaal in Lacasse & Leo 2005:1212).
  • “So far, there is no clear and convincing evidence that monoamine deficiency accounts for depression; that is, there is no ‘real’ monoamine deficit” (psigiater Stephen Stahl, in ibid).
  • “Indeed, no abnormality of serotonin in depression has ever been demonstrated” (psigiater David Healy, in ibid).
  • “We have hunted for big simple neurochemical explanations for psychiatric disorders and have not found them” (psigiater Kenneth Kendler, in ibid).

Vir verdere bewyse dat die “chemiese-wanbalansteorie” vals is, sowel as waar hierdie teorie sy oorsprong het, kan die leser

www.anxietycentre.com besoek. Die kort van dit alles is net dit: neurowetenskaplike navorsing het geen bewyse vir die “bevinding” dat “serotonin” in die brein met “sielkundige abnormaliteite” verband hou nie. Volgens Lacasse en Leo (2005) maak neurowetenskaplike “bevindings” nie logies sin nie. Hulle verduidelik dit so: “the fact that aspirin cures headaches does not prove that headaches are due to low levels of aspirin in the brain”. Met ander woorde, die feit dat SRRI’s invloed op die brein het, kan nie sondermeer as ‘n bewys geneem word dat daar ‘n tekort aan SRRI’s in die brein is nie.

 

In een studie was pseudo-pasiënte (toneelspelers wat opgelei was om hulle te gedra soos persone wat aan ‘n aanpassingsversteuring ly) gebruik om by hulle geneeshere te gaan aanklop vir hulp. Terwyl dit ‘n feit is dat dit ‘n “kondisie” is waarvoor oor die algemeen GEEN medisyne voorgeskryf word nie, is Paxil dikwels aan hulle voorgeskryf. Waarom? Hul geneeshere het geglo dat “paroxetine” ‘n chemiese wanbalans in die brein sal herstel (ibid, 1214). Wat Lacasse en Leo egter nagelaat het om uit te wys, is dat die geneeshere nie kon onderskei tussen ‘n kunsmatige kondisie en die “ware Jakob” nie (as daar so iets is).

‘n Ander studie het gewys dat ‘n placebo – ‘n suikerpilletjie wat hoegenaamd geen medisenale invloed op die werking van die brein het nie – omtrent 80% van die simptome van antidepressante dupliseer. In die geval van Prozak was dit 89%. Met ander woorde, persone wat placebos geneem het, en gedink het dit is medisyne, het die simptome getoon van iemand wat antidepressante gebruik. Vir byna alle kundiges is dié resultaat onweerlegbare bewys dat daar iets soos “mind over matter” is. Ons kan dit anders stel: die “placebo-effek” dien as onweerlegbare getuienis dat ‘n immateriële siel of verstand (sekere gedagtes en geloofsaannmes) invloed het op die materiële brein. In die woorde van Leo en Lacasse (2007:4): “In spite of the enormous amount of money and time that has been spent in the quest to confirm the chemical imbalance theory, direct proof has never materialized“.

(4) Breinskanderings (bv “PET scans”) lewer bewyse van gebrekkige of oormatige SRRI-vlakke in die brein (sien ook (2) hierbo en

www.anxietycentre.com). Wat die “man in die straat” nie vertel word nie, is dat “PET scans” wel ‘n navorsingsinstrument is, maar NIE om depressie en ander verwante versteurings te identifiseer NIE. Hoewel skanderings kan wys hoe die brein lyk en aandag vestig op fisiese prosesse in die brein, kan dit nie vir ons sê HOE die brein ‘n sekere vorm of toestand op enige gegewe tyd aanneem nie. By wyse van vergelyking, ‘n X-straal kan akkuraat wys dat ‘n been gebreek is, maar op geen manier hoe dit gebeur het nie. “The same is true of a PET scan – it cannot tell you whether its findings are true of stress, thinking patterns, social isolation, trauma, or whether they are clinically significant… A neuroimaging expert cannot look at a PET scan of an individual and make a psychiatric diagnosis” (Leo & Lacasse 2007:6-7).


Die feit is dat alle gedagtes, gevoelens en begeertes ‘n invloed op breinchemie het, maar net omdat ‘n brein ‘n sekere manier werk, beteken nie dat daar nou ‘n chemiese wanbalans in die brein teenwoordig is nie. Nooit mag ons uitgedagte verloor nie, elke mens is uniek, elk het sy of haar eie persoonlikheidstrekke en vermoëns, om nie eers te praat van sensitiwiteite en pyndrumpels nie. Dit beteken dat twee persone dieselfde belangstellings kan hê, selfs ‘n voorliefde vir dieselfde kossoorte en klere, maar wanneer hulle breine geskandeer word, twee verskillende prentjies van hulle breine verkry sal word. Wat die verskil gaan maak sal onder andere die intensiteit wees waarmee ‘n gedagte, gevoel of geloofsaanname gekoester word.

(5) Daar is toetse wat chemiese wanbalans in die brein bevestig (sien ook (2) en (3) hierbo). “If a psychiatrist says you have a shortage of a chemical, ask for a blood test and watch the psychiatrist’s reaction” (Jonathan Leo;

www.Article-Chemical Myth mht)). Peter Breggin en David Cohen (2007; 2010:3) stel dit soos volg: “There are no known chemical imbalances and no tests for them. That’s why psychiatrists do not draw blood or perform spinal taps to determine the presence of a biochemical imbalance in patients. They merely observe the patients and announce the existence of the imbalances. The purpose is to encourage patients to take drugs“. Professor van die sielkunde en neurowetenskap Elliot Valenstein het gesê, “there are no tests available for assessing the chemical status of a living person’s brain” (punt (3) hierbo). Om enige oorblywende twyfel uit die weg te ruim: “There are no medical tests to diagnose bipolar disorder, depression, or any other psychiatric condition: no blood tests, X-rays, brain scans, or any other objective tests” (Joseph Glemullen (2010:6), kliniese leraar in psigiatrie by Harvard Medical School).


3.4 Neurowetenskap: ‘n Paar ander feite


 

Die volgende gegewens kom uit ‘n 69 bladsy akademiese artikel van ‘n professor in die regte, Carter Snead (2007): “Neuroimaging and the ‘Complexity’ of Capital Punishment” (verkrygbaar by

www.nd.edu/~ndlaw/alumni/ndlawyer/fall 07/snead.pdf):

  • Neurowetenskaplikes maak daarop aanspraak om by wyse van “scans” (skanderings) van die brein te bepaal wanneer ‘n fetus ‘n “mens word” om vir “menseregte” te kan kwalifiseer (p. 9; sien ook vn 25). Vir persone wat dink dat ‘n mens/persoon met konsepsie begin behoort dit ‘n skok te wees. Daar is natuurlik ook ‘n onuitgesproke agenda wat hieragter skuil, en dit is om breinstam navorsing te doen op ge-aborteerde babas wat vir dié uitsluitlike doel aan die lewe gehou word.
  • Die volgende het reeds sub-dissiplines van die neurowetenskap geword: neuroekonomie, neurobemarking, neurobeleidstudies, neuroteologie, neurofilosofie, neuroreg (“neurolaw”) en neuro-etiek (p. 12).
  • Van die besware teen neurowetenskaplike “insigte” wat verkry word uit skanderings van die brein is:


(1) Dit is byna onmoontlik om op enige wyse ‘n besliste gevolgtrekking te maak oor die verband tussen verstandsprosesse en areas van die brein (p. 21);

(2) Verskeie breinareas hou verband met spesifieke en verskeie soorte emosies, gedagtes en begeertes. In ander woorde, dit is ‘n risiko om afleidings oor die brein, verstand en gedrag te maak deur net op een area van die brein te fokus (pp. 21-22);

(3) Meting van brein aktiwiteit is NIE DIREK NIE, maar indirek. Met ander woorde, afleidings oor die verstand en gedrag word gemaak deur te kyk na dinge soos bloedvloei, bloedsuurstof en metboliese werkinge in die brein. Dit beteken, ‘n wetenskaplike kan nie sondermeer nou besluit en voorspel wat verkeerd is met ‘n persoon nie (p. 22);

(4) Daar bestaan weining, indien enige, standaardisering van masjinerie en laborotoriese prosedures (ibid);

(5) Daar bestaan GEEN kriteria vir wat as “NORMALE” brein geag kan word nie (ibid);

(6) fMRI breinskanderingstegnieke word byna nooit vir sielkundige diagnose gebruik nie, eenvoudig net omdat daar nog nie ‘n algemeen aanvaarde standaard vir sodanige diagnose bestaan nie (p. 23);

(7) En dit is die mees BELANGRIKSTE: sielkundige interpretasies van “neoroimaging” data (d.i. van breinpatrone) kan NIE gedoen word in die afwesigheid van bevindings wat bo alle twyfel bewys dat psigiatriese (DSM) “persoonlikheidsversteurings” of “siektes” ‘n biologiese oorsaak het NIE (ibid).


 

Daar is GROOT GEVARE, maar ek noem net twee. In die woorde van Prof Snead: (1) “there is a worry that people will ignore the foregoing technical and interpretive complexities” (ibid), en (2) die planmatige projek van die neurowetenskap is om die mens te oortuig dat HY EN SY NIE VERANTWOORDELIK IS VIR HULLE KEUSES EN GEDRAG NIE (pp. 40-49). In die woorde van ‘n neorowetenskaplike:

“But although it may seem dehumanizing to medicalize people into broken cars [breine], it can still be vastly more humane than moralizing them into being sinners” (p. 46).

“Sinners”??? Wie het gedink dat neurowetenskaplikes het nie die mes in vir Bybelse konsepte nie?

 

 

4. Opsommende opmerkings


Dit sal dwaas wees om die bostaande mites oor psigoterapie, psigiatriese medisyne, chemiese wanbalanse in die brein en die “insigte” van die neurowetenskap te ignoreer. Wat ons sien is ‘n ontnugtering en besorgdheid by beide sekulêre en gelowige kundiges sover dit uitsprake oor bevindings in hul onderskeie dissiplines aangaan. Die tragedie is tweërlei. Aan die een kant word hierdie mense se stemme geïgnoreer asof hulle nie bestaan nie. Aan die ander kant is daar Jan Publiek wat diep uit hierdie oases van valshede in die naam van “wetenskaplike insigte” drink. Dit sal dus goed wees om opsommenderwys ‘n paar kernpunte uit te lig.

  • Sielkundiges en psigiaters is nie suksesvol omdat hulle geleerd is nie. Enige begripvolle, meevoelende en bedagsame vriend of lewensmaat kan ook van hulp wees in en deur ‘n krisis. Ons het nie nodig om te dink dat elkeen wat deur ‘n motorkaper in Suid-Afrika aangeval word (daar is in die orde van 22-24 000 gevalle per jaar) aan ‘n chemiese versteuring in die brein ly nie. Skok, weersin, verwyt, pyn, hartseer, swaarmoedigheid en die derglike meer is heel spontane reaksies in sulke gevalle.
  • Wat as “persoonlike probleme” by sielkundiges en psigiaters aangebied word is hoofsaaklik nie psigiatriese of brein probleme nie, maar geestelike, morele en verstandelike probleme. Psigiatrie, sielkunde en psigoterapie het daarin geslaag om byna elke menslike probleem te medikaliseer en te reduseer tot biologiese probleme (breinchemie en breinprosesse). In die proses het ons begrip verloor van basiese menslike vermoëns, vermoëns wat God in die siel van elke mens ingeplant het tot hul voordeel. Neem byvoorbeeld die gewete, die vermoë vir self-blaam en self-verwyt. In ons dag hoor ons meer en meer dat die gewete ‘n uitvindsel van die mens is. Lank terug het die sielkundige Hobart Mowrer (1961:163) geskryf dat die “so-called ‘therapist’ who would take it from us does not respect us but despises us… This is why I have said on other occasions that psychoanalysis is not messianic but demonic, not salvation but slavery and bondage of the worst kind” (my klem).

In Whatever Became of Sin? het psigiater Karl Menninger (1973:17) dit soos volg gestel: “Some behavior once regarded as sinful has certainly undergone reappraisal. Adultery is technically a crime but for many people it is certainly no sin. Lots of sins have disappeared; nevertheless, I believe there is a general sentiment that sin is still with us, and in us – somewhere. We are made vaguely uneasy by this consciousness, this persistent sense of guilt, and we try to relieve it in various ways. We project the blame on to others, we ascribe the responsibility to a group, we offer up scapegoat sacrifices, we perform or partake in dumb-show rituals of penitence and atonement… The disappearance of the word “sin” involves a shift in the allocation of responsibility for evil”. Wat bedoel Menninger met “sonde” hier? “Sin is transgression of the law of God; disobedience of the divine will; moral failure” (ibid, 18).

  • Sogenaamde chemiese wanbalanse in die brein en skandering van breinaktiwiteit word nou gebruik om gedrag verskoonbaar te maak. Waarom so? Die idee is dat net so min as wat ons iemand verantwoordelik kan hou wanneer hy of sy Alzheimer’s, kanker of ‘n breinbesering opdoen, net so min kan ons mense verantwoordelik hou vir hulle onredelike gedrag, morbiede gedagtes, emosies en gebrek aan selfbeheer.

Maar waar laat al hierdie gegewens ons in die lig van die “nuutste insigte” van die wetenskap oor die mens en sy brein?

WEES VERSIGTIG VIR WIE JY JOU ORE UITLEEN.

KRY ALTYD ‘N TWEEDE, EN WAAR JY KAN, ‘N DERDE OPINIE (jou geldsak en/of iemand anders se kontantvloei speel geen geringe rol wanneer dit by ‘n “diagnose” en besluite oor jou gesondheid kom nie).


Maar wat kan ons van die Bybel leer? Waar lê die bron van menslike ellende?

5. Die Bybel en probleme

Die Bybel is nie heeltemal stil sover dit die kop van die mens aangaan nie. In 2 Konings 4 lees ons van ‘n jong seun wat op ‘n dag na sy vader op die land gegaan het met die woorde, “My kop, my kop!” (vs 18-19). Wat die oorsaak van sy kwaal was weet ons nie, maar dat dit ernstig was weet ons wel. Eers het hy sy bewussyn verloor en toe later beswyk (vs 20).

In die eerste hoofstuk van die profeet Jesaja lees ons dat God Israel aangekla of verwyt het oor hulle “geen kennis [het nie en dus ook nie] verstaan nie” (vs 3); “Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank” (vs 5), was van die volk gesê. Hoewel “kop” en “hart” gesamentlik die totale immateriële geestelike, morele en verstandelike mens verteenwoordig, dit wil sê, dinge soos gedagtes, begeertes, emosies en die wil, is dit tog insiggewend dat daar na beide die “kop” en “hart” in een asem verwys word. In die neurowetenskap is onder andere ontdek dat beserings of fisiese siekte van die frontale lobbe en limbiese sisteem van die brein lei tot dinge soos swak konsentrasie, irrasionele denke, emosionele opvlieëndheid en afgestompenheid. Maar wat ons in Jesaja sien, is nie breinbeserings of fisiese siektes nie, maar ‘n geestelik-morele-verstandelike toestand in die mens self; hoe hy of sy is, maar NIE behoort te wees NIE. Dit is dus nie sonder rede dat God die woord “siek” en “krank” gebruik nie.

Ek wil vervolgens kortliks let op die belangrikheid van die “hart”. Ek begin met die Bybelse konsep van die “innerlike mens”.

5.1 Die innerlike mens

Twee tekste sal voldoende wees.

(1) “Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens” (Rom 7:22. OV). Die Nuwe Afr Vertaling stel dit ietwat anders, maar gee daarmee tog ‘n waardevolle klem: “Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God”.

(2) “Daarom gee ons nie moed op nie, maar vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe” (2 Kor 4:16. OV).


Een punt is van belang. Die innerlike en die uiterlike is nie dieselfde soorte entiteite nie. As hulle was, dan sou hulle of saam verouder het of saam vernuwe word, maar dit is nie wat die apostel hier sê nie. Dit verklaar hoekom Paulus ook kon sê dat ons almal eendag voor die regterstoel gaan verskyn om beloon te word vir wat elkeen “deur die liggaam [uiterlike mens] verrig het” (2 Kor 5:10).

Na die “innerlike mens” van Paulus verwys die apostel Petrus as die “verborge mens van die hart” (3:4), wat hy kontrasteer met die uiterlike mens wat geken word aan, byvoorbeeld, haarvlegtery, juwele en kleredrag (vs 3). Wat is interessant omtrent sy woord “verborge”? Dié innerlike mens kan nie met die menslike oog waargeneem word nie, maar wel deur God. Daar is drie verdere dinge omtrent hierdie onsienlike persoon van die hart wat belangrik is vir ons om te weet:

  • Die hart is ‘n lewensbron wat ten alle koste bewaak moet word: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spr 4:23. OV).
  • Die hart is ook die setel van allerlei kwaad of boosheid: “Dit is ‘n verkeerde ding wat plaasvind onder die son, dat…die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe…” (Pred 9:3. OV); Jesus het dit so gestel: “Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede [“evils”] kom van binne uit…” (Mk 7:21-23).
  • Die verborge mens van die hart is ‘n spesiale objek van belangstelling vir God, asook vir die duiwel: “Hy wat die harte deursoek” (Rom 8:27; vgl Jer 17:9-10) is dieselfde “God wat ons harte beproef” (1 Thes 2:5). Maar “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie [omdat Hy geen sonde of boosheid in Hom het nie], en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jak 1:13-14. OV).


Dit lyk dus of in die innerlike en verborge mens van die hart die goeie en slegte saamgebind word op een plek. Dit is ‘n gedagte wat veral sterk na vore kom uit die data van Romeine 7. Die essensie van wat Paulus hier oor homself sê is min of meer die volgende:

  • Hy het ‘n begeerte om te doen wat goed is (vs 15, 18, 19, 21), byvoorbeeld, “om nie te begeer nie” (vs 7). “Begeer” hier is die Griekse woord pleonexia en wys altyd op ‘n begeerte na iets wat sleg is.
  • Wat hy egter vind is iets wat sy wil frustreer (vs 15, 19-20). Hy noem dit sy “vlees” (vs 18) of “sondige aard” (NAV).
  • Hierdie sondige aard, sê hy drie maal, “woon” in hom (vs 17, 18, 20), dus ook hoekom dit by hom “aanwesig” is (vs 18, 21). Maar let op, dit is nie soos water “in” ‘n glas nie, maar dwarsdeur sy liggaamsdele (vs 5, 23, 24).

Daar is egter ‘n ander manier hoe ons, wat Paulus hier vir ons gewys het, kan verstaan. Die sleutelwoord is “woon”. Ek kyk onderskeidelik na ‘n voorbeeld uit die Ou en Nuwe Testament.

5.2 ‘n Huis met kamers


In Spreuke 20:27 lees ons hierdie woorde: “Die gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste”. Wat sien ons hier?

(1) Die gees is die kennende of verkennende beginsel van die innerlike en verborge mens van die hart. Anders gestel, die gees is ‘n entiteit wat beskik oor ‘n bewussyn, gewaarwording en self-kennis. Dit is presies dieselfde ten aansien van ons Skepper. Paulus stel dit so: “Watter mens ken die verborge dinge van ‘n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God” (1 Kor 2:11. NAV).

(2) Die gees van die mens as ‘n “lamp” (of soeklig) van die Here, is ‘n universele menslike realiteit.

(3) Om te weet en doen wat reg en goed is, vereis ‘n bepaalde soort lamp. Hieroor het Jesus ons geensins in die duister gelaat nie: “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!” (Matt 6:22-23. OV). Jesus se punt is, as die innerlike lamp nie aangeskakel is en brand nie, dan word dit onmoontlik om te sien wat reg of verkeerd en goed of slegs is. In ander woorde, dit word onmoontlik om dinge te sien vir wat hulle is of hoe hulle behoort te wees. Die onmiddellike konteks wys op misplaaste waardes (“skatte” – vs 19-20), misplaaste lojaliteite en gesagsvorme (“nie twee here dien nie”, “God en Mammon” – vs 24), en misplaaste prioriteite (“kwel oor die lewe” teenoor “eers die koninkryk [heerskappy, regering, wil] van God” – vs 25-34).


Ek volstaan met die volgende aantal tekste oor die “kamers van die binneste” (almal uit die OV):

  • “U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste…” (Ps 51:8; vgl Joh 4:23-24).
  • “Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste” (Spr 18:8).
  • “Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste” (Spr 20:30).
  • “[Kennis]…dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar…” (Spr 22:17-18).
  • “Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed” (Spr 24:3-4).

Opsommenderwys kan ons sê, in die “kamers van die binneste” is daar sekere neigings, vermoëns en moontlikhede aanwesig, byvoorbeeld, om jou te verlustig in kwaadstokery, om vas te kleef aan die kwade of slegte, of bloot net om nie te wil doen wat reg en goed is in die oë van die Here nie (vgl Ps 51: 6, 8, 14 – “gewillige gees”. OV).

Wanneer ons na die Nuwe Testament toe draai dan kry ons presies dieselfde prentjie. Trouens, dit lyk of Paulus Spreuke 24:3-4 in gedagte gehad het toe hy die volgende woorde aan Timóteus geskrywe het: “Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer. As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk” (2 Tim 2:20-21). Die konteks dui daarop dat Paulus hier vir Timóteus onderrig gee en help om te verstaan dat daar dinge is wat ons of ten voordeel of ten nadeel kan stem in ons dien van die Here. Van hulle is kosbaar en eervol, en ander glad nie. In vers 22 is Paulus spesifiek oor wat Timóteus homself van moet reinig: “begeerlikhede” – dieselfde dinge wat ons probleem word in versoeking (Jak 1:14-15). Paulus se punt, wees versigtig watter “voorwerpe” jy in jou huis inbring of toelaat.

Ons het dus nou ‘n gepaste manier om die verband tussen die innerlike mens en sy “kamers van die binneste” en versoeking te illustreer. In dié huis is die vlees (sondige natuur) en sy slegte begeerlikhede ‘n permanente inwoner, met een uitsluitlike doel. En dit is om die deure oop te gooi vir onwelkome gaste (“voorwerpe”) wat kom aanklop vir akkommodasie. Dit is daarom nie verniet nie dat Paulus ons vermaan met die volgende woorde:

  • “en gee aan die duiwel geen plek nie” (Ef 4:27. OV). Ons moet dus waaksaam wees en keer: “Die Satan moet nie die oorhand [Gr pleonexia; sy begeerte] oor ons kry nie. Ons ken sy planne [of gedagtes – Grieks: noēma] al te goed” (2 Kor 2:11; NAV).

Ons kry ‘n idee van wat sy planne behels uit gedeeltes soos Gen 3:1-7, Matt 4:1-11, Hand 13:10, 2 Kor 11:3, 1 Tim 4:1, 2 Tim 2:26, 1 Pet 5:8 en 1 Joh 4:1-6. Maar een ding mag ons nie nalaat om te benadruk nie, en dit is dat ons op geen manier toegelaat word om die duiwel te blameer vir ons oortredings nie.

In wat volg gaan ek fokus op die siel (self, “ek” of persoon). Maar om ‘n behoorlik Bybels-gefundeerde beeld van die siel saam te verkry vereis dat ons eers moet sien waarom die vertrekpunte van die neurowetenskap nie met Bybelse data oor die siel versoen kan word nie.

6. Vertrekpunte van die neurowetenskap

Dit sal goed wees as die leser net gou weer let op die vertrekpunte van die neurowetenskap onder punt 3.1 en 3.2 hierbo. Daar is ten minste drie dinge wat ons moet weet omtrent vertrekpunte: (1) ‘n vertrekpunt is ‘n geloofsaanname of veronderstelling, en die vertrekpunt is of waar of vals (daar is nie ‘n derde moontlikheid nie). Byvoorbeeld, as ek glo my vriend Udo Karsten woon in Melville, en hy woon werklik daar, dan is dit die waarheid; (2) daar is vertrekpunte wat basies is; hulle is basies omdat hulle lei tot ander dinge wat ‘n persoon kan en mag glo. So, byvoorbeeld, is my geloof in Jesus Christus ‘n basiese of fundamentele geloof. My geloof in Jesus is die basis vir my geloof in sondevergifnis. Neem jy die bestaan van Jesus weg, dan maak ‘n geloof in sondevergifnis geen sin nie; my geloof sal dus leeg, sonder ‘n basis wees; (3) en ‘n vertrekpunt wat vals is kan nooit tot ‘n slotsom lei wat waar is nie. In ander woorde, bepaalde vertrekpunte lei tot bepaalde soort gevolgtrekkings. Dit geld ook ten opsigte van hoe ons dink oor en glo van die aard en wese van die mens.

Met hierdie as agtergrond kan ons vervolgens kortliks die vertrekpunte van die neurowetenskap van nader bekyk.

6.1 Fisikalisme

Die eerste vertrekpunt het te doen met die objek van studie in die neurowetenskap: die brein. Maar wat presies is die brein? Alle wetenskaplikes is dit eens dat die ‘n brein ‘n materiële of fisiese biologiese orgaan is. Van die eienskappe van hierdie orgaan is massa, grootte of lengte, tekstuur en tasbaarheid, en lokalisering in ruimte (in die skedel). Nou dit mag as ‘n verassing kom, maar die oorgrote meerderheid van wetenskaplikes neem as vertrekpunt die veronderstelling of aanname dat materie die enigste soort stof is wat bestaan. Neurowetenskaplike Michael Gazzaniga (in Snead 2007:15) het onlangs beweer dat tussen 98% en 99% van alle kognitiewe neorowetenskaplikes is tans aanhangers van die filosofie van die materialisme. Die neurowetenskaplike Mario Beauregard (2007:x) stel dit so: “The discipline of neuroscience today is materialistic”. Die amptelike naam vir hierdie filosofiese beskouing van die werklikheid is deesdae “fisikalisme”. Dit beteken eenvoudig net dat die bestaan van immateriële geesteswesens soos, byvoorbeeld, God, engele en die siel (of gees en verstand) ontken word.

Daar is egter iets wat grootliks misleidend inwerk op ons verstaan van fisikaliste in die neurowetenskap (en ook hulle geesgenote in die sielkunde en psigiatrie), en dit is hulle gebruik van sielkundige terme. Die twee vernaamste terme is “mind” (verstand) en “mental” (gemoed). Vir hulle verwys “mind” en “mental” na die fisiese, biologiese en neurologiese werkinge en prosesse in die brein. Hier is hoe Joshua Green en Jonathan Cohen (2004:1775) dit bewoord: “[cognitive neuroscience is the] understanding of the mind as brain”. Meer spesifiek: “You are your brain” (ibid, 1779). Moet dus NOOIT die FOUT maak om te dink, wanneer jy die terme “mind” of “mental” hoor of sien, dat dit noodwendig verwys na die werking van ‘n immateriële gees of verstand nie.

Kom ons neem nou die tema van geestelike ervaringe. Hoe sal die fisikalistiese neurowetenskaplike geestelike ervaringe (bv wedergeboorte, gebedslewe, insigte in die Skrif, ‘n woord van wysheid) vertolk? Volgens alle aanduidings lei jy aan epilepsie of, meer spesifiek, TLE (“temporal lobe epilepsy”) (Beauregard & O’Leary 2007:57-77; Taylor 2004:118-119). Dit beteken dat jy ‘n breinversteuring onderlede het. Dit stel egter onmiddellik twee vrae aan die orde. Die eerste is, hoe is dié “ontdekking” gemaak? Brein navorsing het gelei tot die onbetwisbare ontdekking dat emosies met die temporale lobbe van die brein verband hou. Skanderings van die breine van persone wat aanspraak maak op geestelike ervarings het egter gelei tot die “ontdekking” dat ook dié ervarings met die temporale lobbe verband hou. Die logiese afleiding: die brein is die OORSAAK van geestelikheid en geloof in God, net soos die brein gesien word as die OORSAAK van emosies en gevoelens soos verliefdheid, aangetrokkenheid, blydskap, vreugde, depressie, neerslagtigheid, haatgevoelens, onvergewensgesindheid, verwyt, en die derglike meer. Niks meer en niks minder nie. NEEM EGTER KENNIS: in terme van dié siening is die brein (materie) die begin of oorsaak van geestelike werklikhede, en NIE ANDERSOM NIE! Die analogie is soos volg: die brein staan tot geestes- en emosionele ervaringe soos vuur tot rook. In ander woorde, materie is die oorsaak of begin van intelligensie. Baie Christus-gelowiges weet dit nie, maar hierdie “ontdekking” is eintlik ‘n interpretasie van wetenskaplikes wat aanhangers van die ewolusieteorie is. Volgens laasgenoemde het lewe ontstaan uit blinde, verstandlose en materiële chemiese prosesse van die natuur (ons kyk binnekort hierna), dus wil sê, sonder die verstand van ‘n intelligensie betrokke. Dit beteken dat aanhangers van dié siening aan ons ‘n verduideliking verskuldig is oor hoe ‘n verstandlose chemiese proses ‘n wese kan produseer wat kan dink, beplan, keuses kan maak en dienooreenkomstig aksies kan neem.

Die tweede vraag is, wat is fout met die interpetasie van hierdie insigte? Een, dit is NIE te sê dat as gedagtes en emosies met die brein geassosieer word, dat hulle nou met die materiële brein gelykgestel kan word NIE, of dat die brein die oorsaak van gedagtes en emosies is NIE. Die feit is, “Emotions cannot, of course, be directly observed, but they are associated with the limbic system, which neuroscientists can measure” (Beauregard & O’Leary, 62). Hoekom kan ‘n neurowetenskaplike nie emosies waarneem nie? ‘n Emosie (en gevoelens en ander sensasies) is GEESTELIKE IMMATERIËLE ENTITEITE, net soos ander gemoedstoestande – begeertes, gedagtes, geloofsaannames en wilsbesluite. ‘n Neurowetenskaplike kan nie my liefde vir my hond Pugsley op ‘n skaal plaas en weeg nie; hy kan die lengte van my liefde nie met ‘n liniaal meet nie, en ook nie hanteer met sy hande nie. In ‘n woord, geestes-entiteite kan nie met die sintuie waargeneem word nie. Twee, en dit tel teen die fisikalistiese interpretasie van wetenskaplike “bevindings”: terwyl baie godsdienstige persone epileptiese lyers, is nie alle epileptiese lyers godsdienstig nie. Dus is neurowetenskaplikes se “insigte” dat godsdienstige persone aan TLE ly, ‘n logiese vergissing, dus ‘n “bevinding” wat sonder huiwering verwerp moet word.

Maar wat van leergedrag? Vaar neurowetenskaplike insigte enigsins beter in dié area? Eers moet ons duidelikheid kry oor wat met “leer” bedoel word. Ons kan sê dit is iets wat verband hou met dinge soos onderrig, leiding en kennis. Hoekom? Die doel daarvan is om van ons beter mense te maak, om ons te leer hoe om op ‘n behoorlike manier met ander mense om te gaan, en ons weg deur die wêreld te vind. Leer, in ander woorde, gaan ten diepste oor die ontwikkeling van karakter en mense se handelinge in die wêreld, en hoe om dit te verbeter. Nou dit mag wees dat persone wat iets weet (ken, dus verstaan) ander breinpatrone het as persone wat aan kennis ontbreek, maar wat van belang is, is of iemand iets geleer het of nie. In ander woorde, ‘n persoon (L.W. NIE ‘N BREIN NIE!) weet of iets, of glad nie; het of iets geleer, of glad nie. Hoekom benadruk ek hierdie punt? Ernstige verwarring ontstaan wanneer persoonlikheid aan ‘n stuk materie toegeken word, soos byvoorbeeld om te sê dat die brein leer, die brein dink of evalueer, die brein voel of is verlief en word honger. Dit is JY, ‘n PERSOON wat hierdie dinge doen. Dit is onder andere ook die slotsom van ‘n filosoof van die neurowetenskap Peter Hacker (2005:13-14; sien ook J. P. Moreland 2008:159-160).

Voordat ek wys hoekom ‘n brein-model van leergedrag nie met die Skrif versoen kan word nie, is daar een laaste punt wat ons baie ernstig moet opneem, in nou aansluiting by die voorgenoemde. En dit is dat die brein NIE ‘n mediator of tussenganger tussen ‘n persoon en die wêreld is NIE. Christen en neurosielkundige Keith Edwards (in Moreland 1993:192) maak die volgende fatale stelling: “The brain mediates between material reality and subjective existence, the subjective sense of being a self”. Hoekom is dit fataal? As Edwards reg is, dan is ek en jy ruimtelik gevangenes agter ons oogballe (in die skedel). Anders gestel, dan kan ek en jy nie die wêreld direk waarneem nie. As ons, byvoorbeeld, ‘n swart hond sou sien hardloop, dan sal ons slegs ‘n beeld (“image”) van die hond waarneem en nooit die hond self nie. En tog dikteer gesonde verstand dat ons almal deurentyd dinge in die wêreld direk waarneem. Dit is gevolglik beter om te sê dat die brein nie ‘n tussenganger tussen my en die wêreld is nie, maar ‘n biologiese kondisie is wat in plek moet wees vir my om die wêreld waar te kan neem; net soos hande dit vir MY moontlik maak om ‘n glas water vas te hou. In ander woorde, oogballe sien nie; JY sien deur JOU oë (en brein) te gebruik. Dit verklaar hoekom ‘n blinde persoon STEEDS ‘n volledige persoon is, ten spyte van defektiewe oë (of brein).

Daar is ‘n ander manier hoe ek die punt kan verduidelik. ‘n Persoon staan tot die brein soos ‘n vis tot water. ‘n Vis se vermoë om te kan swem gaan die water vooraf; hy het sy vermoë in hom, hy besit sy vermoë. In water gee hy maar slegs uitdrukking aan sy swemvermoë. Let dus sorgvuldig op: die water is NIE die OORSAAK van sy swembewegings NIE; die vis self is. Ons sal later sien wat hierdie insigte beteken vir ons verstaan van ‘n substans.

Vir neurowetenskaplikes hou leergedrag nou verband met die impulse wat die brein uit die omgewing deur middel van die oë of ore ontvang. Dit is ‘n wetenskaplike feit dat hierdie impulse of seine lei tot die afskeiding van chemikalië wat “boodskappe” of informasie van een neuron (breinsel) na die volgende neuron berig. Waarom sou hierdie verskynsel vir hulle so groot bekoring inhou? Vir die neurowetenskaplike is die brein se “vermoë om te leer uit ervaring” geleë in hierdie aktiwiteite. Dit beteken dat die brein se prosesse verander in ooreenstemming met die stimuli wat dit ontvang uit die omgewing (Taylor 2004:113). Weereens, as die brein leer, dan is daar geen “persoon” of “jy” wat die leerwerk doen nie; dit beteken daar is geen persoon wat sien of hoor nie. Meer nog, in die geval van foutiewe leer en/of ‘n gebrek aan leer uit die verlede, is die vraag nie wie se skuld dit is nie, maar wat hiervoor veranwoordelik is. Die antwoord is voor die handliggend: breinchemie en prosesse in die brein. Dit volg dat dieselfde waar moet wees ten opsigte van elke soort bose begeerte, gedagte, misdaad of gebrek aan self-beheer.

Nou, indien hierdie interpretasie van die neurowetenskap korrek is, dat die brein en chemiese prosesse verantwoordelik is vir leergedrag, dan was God grootliks verkeerd toe hy Israel male sonder tal versoek het om te leer uit hul eie ervarings en gehoor te gee aan sy vermanings en onderwysings. Oorweeg die volgende:

En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie (Jes 6:9. OV).

Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe, vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem! (Jer 11:7. OV).

…dat hulle my die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem (Jer 32:33. OV).


As ons die neurowetenskap as uitgangspunt neem oor hoe daar oor leergedrag gedink moet word, dan het God gefaal. Hy moes die Israeliete eers ‘n les in breinchemie en -prosesse gegee het; Hy moes hulle vertel het dat ongehoorsaamheid gaan lei tot ‘n chemise wanbalans in hul breine, dat dié wanbalans hulle gaan verhoed om te leer, en dat Hy hulle gevolglik verantwoordelik gaan hou en straf vir gedrag waaroor hulle geen beheer gaan hê nie. Dié logika is tog absurd! Die minste wat ons kan sê is dat aanhangers van ‘n neurowetenskaplike siening van leergedrag Bybelse data belaglik laat lyk, data wat moeilik met ‘n neorowetenskaplike brein-leermodel versoen kan word

.6.2 Scientisme

Die tweede vertrekpunt van die neurowetenskap is “the belief that nothing is out of bounds to science” (punt 3.1 (1) hierbo). Dit is ‘n geloof waarvolgens wetenskaplike kennis die laaste sê het oor hoe ons kan weet wat werklik is. Die amptelike naam vir dié filosofiese beskouing van kennis is scientisme. Dit beteken dat die Bybel, die filosofie en etiek as bronne van kennis erken kan word, maar eers die goedkeuring van die wetenskap moet wegdra (“wetenskap” hier beteken fisika, chemie en biologie). Dit volg, indien die wetenskap bevind dat die mens ‘n brein is, en niks meer nie, dan sal enige aannames wat daarteen indruis, sondermeer verwerp word. Dit bring ons by die derde vertrekpunt van die neurowetenskap. Hoe verklaar hulle die ontstaan van lewe op aarde?

6.3 Naturalisme, ewolusie en die persoon

Op die vraag oor hoe lewe op aarde ontstaan het is daar tans hoofsaaklik twee antwoorde: naturalistiese ewolusieteorie en die skepping soos beskryf in Genesis 1 en 2. Vir naturaliste het menslike lewe ontstaan uit toevallige en verstandlose chemiese prosesse van die natuur. In dié verband stel die naturalis Paul Churchland dit so:

The important point about the standard evolutionary story is that the human species and all of its features are the wholly physical outcome of a purely physical process… If this is the correct account of our origins, then there is neither need, nor room, to fit any non-physical substances or properties into our theoretical account of ourselves. We are creatures of matter. And we should learn to live with the fact (in Moreland 1994:53).

Die neo-Darwinis, George Gaylord Simpson, het dit so gehad:

Although many details remain to be worked out, it is already evident that all the objective phenomenon of the history of life can be explained by purely naturalistic or, in a proper sense of the sometimes abused word, materialistic factors… Therefore, man is the result of a purposeless and natural process that did not have him in mind (in Dembski 1999:116-117).


As dié here reg is, dan het die feit van menslike lewe geen waarde nie, wat staan nog ‘n doel. Genesis 1: 26-27 en 2:7 stel egter die volgende feit aan die lig: Die mens is nie die produk van blinde en verstandlose prosesse nie. Die oorsaak en oorsprong van die mens se bestaan lê in sy Oorsprong, die Skepper van ook die hemel en die aarde.

Naturalis Evan Fales se argument is as volg:

Darwinian evolution implies that human beings emerged through the blind operation of natural forces. It is mysterious how such forces could generate something non-physical; all known causal laws that govern the physical relate physical states of affairs to other physical states of affairs. Since such processes evidently have produced consciousness, however construed, consciousness is evidently a natural phenomenon, and dependent on natural phenomena (in Moreland 2008:30).


Nie net is bewussyn vir die naturalis ‘n natuurlike verskynsel nie, maar ook iets wat verrys (“emerge”) uit die interaksie tussen blinde en bewussynlose natuurlike prosesse. Tog erken Fales dat dit volkome onbekend is hoe “blinde prosesse van natuurlike kragte” iets immaterieel kan produseer. Wat ons dus ‘n antwoord op verskuldig is, is hoe die naturalis enige geloof in die bestaan van ‘n immateriële entiteit kan regverdig, gegee die naturalistiese storie oor die begin van alle lewe, asook die noodwendigheid om hierdie storie konsekwent en samehangend te verwoord.

Nou as die mens ‘n brein, senuweestelsel en liggaam is, dan is dit natuurlik om te dink dat daar geen lewe na die dood is nie (punt 3.2 (3) hierbo). Waarom? By die dood gaan jy tot niet; of jy ontbind in ‘n graf of word verbrand in ‘n oond tot as. Die vertrekpunte van die neurowetenskap oor kennis (scientisme), die ontstaan van lewe (ewolusieteorie) en die aard van die soorte entiteite wat bestaan (materialisme/fisikalisme), gee ons gevolglik genoegsame rede om ernstig te besin oor die aard en wese van die persoon vanuit ‘n Bybelse perspektief.

7. Die siel (persoon) in Bybelse lig

Twee punte moet onmiddellik gemaak word. Eerstens, teenoor die monistiese wêreldbeeld van die naturalistiese fisikalisme is ‘n dualistiese Bybelse beskouing van die werklikheid. Dit beteken, instede van te glo aan net die bestaan van materie, glo Christus-gelowiges ook aan die werklikheid van ‘n geestelike immateriële wêreld en entiteite (vgl Joh 3:12; 2 Kor 4: 16-18; Heb 11:3; Jak 2:26). Voorts beteken dit ook, terwyl die materiële wêreld nie ontken word nie, dat dit nie die hoogste en/of die mees betekenisvolste werklikheid is nie. Vir ons is die Allerhoogste hierdie werklikheid. Die tweede is dat die brein, soos die natuurwêreld, slegs een modus van die werklikheid is.

Om dit te verstaan moet ons helderheid verkry oor twee begrippe: identiteit en substans.

7.1 Identiteit

Kan ons uit ons kennis van die brein enigsins bepaal of ‘n persoon ‘n immateriële wese is? In die algemeen is elke ding wat bestaan homself en nie iets anders nie. Dit stel ‘n toets vir identiteit: as ons slegs een ding kan sê van x wat nie waar is van y, of omgekeerd nie, dan is x nie identies met y nie. ‘n Ander manier om hierdie toets vir identiteit te stel is soos volg: as x identies is met y, dan is x noodwendig y (dit is onmoontlik om iets anders te wees). Dit beteken, as ons enige iets oor die siel of verstand kan vind wat nie waar is van die brein nie, of omgekeerd, dan is dualisme gevestig en die immateriële siel en verstand is nie die brein nie. Twee voorbeelde sal doen.

Verstandelike eienskappe soos gedagte-inhoude, gevoelens van pyn en geloofsinhoude is self-presenterend van aard; hulle presenteer hulself direk aan die kennende subjek (persoon). Ons sê hulle is sielkundige of sielseienskappe, want die persoon het onmiddellike en bewustelike toegang tot of kontak met hulle. Dit beteken, terwyl ek direkte toegang tot my eie bewussynstoestande het, kan ‘n neurowetenskaplike slegs indirekte toegang tot hulle verkry. Die bewuswording van my eie immateriële wese is dus privaat en ‘n voorreg (vgl 1 Kor 2:10-11). Fisiese voorwerpe, daarenteen, is oop vir publieke toegang, insluitende die brein. Dit klaar op hoekom ek meer van myself, my gedagtes, begeertes en sensasies (my verstandsinhoude) kan weet as ‘n neurowetenskaplike. Maar let op, die feit dat ‘n neurowetenskaplike op ‘n skerm kan sien dat ek dink beteken nie dat hy weet waaraan of waarom ek dink nie. Ons het gevolglik iets gesê wat waar is van die geestelike verstand wat nie waar is van die brein nie, dus is hulle nie dieselfde soort dinge nie.

Ons maak die punt prakties. Stel jouself ‘n pienk olifant in jou gedagtes voor. Wanneer jy jouself verbeel jy sien of het ‘n na-beeld van ‘n pienk olifant, dan is daar die eienskap van pienk in jou verstand, ‘n eienskap van die olifant wat jy ervaar of bewus van is in jou verstand. Maar daar is geen pienk olifant in jou brein wat die neurowetenskaplike kan aanskou wanneer jy aan die pienk olifant dink nie. Daar is egter wel iets wat pienk is, jou sensoriese ervaring, dit wil sê, iets wat nie waar is van jou brein nie. Met ander woorde, jy kan ‘n na-beeld van ‘n pienk olifant (of rooi roos) hê sonder dat jou brein pienk (of rooi) verkleur. Die sensoriese ervaring is dus ‘n immateriële werklikheid. Ons het dus weer iets gesê van die verstand wat nie waar is van die brein nie. Fisikalisme is daarom vals.

7.2 Substans

Om die aard en wese van ‘n substans te verstaan begin ek by ‘n grondboointjie. Ek wil aandag vestig op ten minste vyf dinge wat ons van ‘n grondboointjie kan sê. Ons sal ons insigte daarna van toepassing maak op drie ander substansies. Die eienskappe van ‘n grondboointjie is soos volg:

(a) hy is die draer van sy eie lewe en eienskappe. In ander woorde, hy het sy lewe in hom;

(b) hy maak ander dinge moontlik (‘n wortelstelsel, ‘n stam, takke, blare). Anders gestel, ander dinge is afhanklik van ‘n substans om werklik te word;

(c) hy beskik oor sekere inherente vermoëns of kapasiteite. Hy het ‘n hoogste of absolute kapasiteit, byvoorbeeld, die doel om ‘n volwasse boompie te word en vrug te dra; hy het ‘n eerste-orde kapasiteit om ‘n wortelstelsel te groei, ‘n tweede-orde kapasiteit om voedsel uit die grond uit op te neem, ‘n derde-orde kapasiteit om ‘n stam te groei, en so aan. Dus, as een kapasiteit NIE ontwikkel het NIE, byvoorbeeld, om ‘n wortelstelsel te groei nie, dan kan hy nie voedsel uit die grond uit opneem nie;

(d) hy kan verskeie veranderinge oor tyd deurgaan en steeds dieselfde boompie bly. ‘n Blaar, byvoorbeeld, kan van groen na rooi verander (in die geval van ‘n roos), en steeds dieselfde blaar bly;

(e) hy is afhanklik van ‘n aantal essensiële kondisies of voorwaardes wat in plek moet wees vir hom om te doen wat hy inherent kan doen, byvoorbeeld, die regte soort grond, water, suurstof, ens.

Hierdie vyf punte kan nou op die Woord van God, geloof en die siel toegepas word.

(1) Die Woord van God as ‘n immateriële geestelike substans

Wanneer ons die Nuwe Testament onder oë neem dan kom ons gou tot die gevolgtrekking dat daar vele geestelike waarhede is wat in saadvorm verskyn en funksioneer. Nie net het Jesus nege maande ontwikkel voordat Hy gebore is nie, maar weet ons ook dat die saaier saai die Woord van God (Matt 13:3-23; vgl vs 24-30, 31-35, 36-43; Luk 8:11). Oorweeg nou die volgende paar tekste:

  • “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. In Hom was lewe…” (Joh 1:1 & 4).
  • “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en lewe” (Joh 6:63).
  • Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo” (1 Thes 2:13).
  • “Daarom…ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord [wat God in julle geplant het – NAV], wat in staat is om julle siele te red” (Jak 1:21).
  • “Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God” (1 Pet 1:23. NAV).

Ons kan ‘n boek skryf oor die rykheid van hierdie tekste, maar twee punte sal doen. Een, ons maak ‘n baie GROOT FOUT as ons die krag en lewe wat in die Woord van God opgesluit lê, onderskat. Paulus stel dit so: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo…” (Rom 1:16). Twee, ons het rede om self-ondersoek te doen oor die kondisies, die soorte grond, wat die natuurlike groei van die Woord frustreer (Matt 13:19-23). Ons kan dus met alle billikheid aflei, as die regte kondisies in plek is, dan SAL die Woord van God heel natuurlik ontkiem, wortelskiet en doen wat Hy inherent die vermoë het om te KAN doen.

(2) Geloof as ‘n immateriële geestelike substans


In Hebreërs 11:1 vind ons die volgende woorde: “Die geloof dan is ‘n vaste vertoue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”. Die woorde “vaste vertoue” kom van die Griekse woord hupostasis, en is as sodanig saamgestel uit “hupo” (onder) en “stasis” (staan). Dit verwys dus na iets wat iets anders onderlê, die oorsaak of begin van iets anders. Dit is insiggewend dat in Hebreërs 1:3 word van Jesus gesê dat Hy die “afdruksel [beeld] van [God] se wese” is. Die woord “wese” hier is ook hupostasis. En soos ons reeds gesien het in Johannes 1:1-4, Jesus was die Oorsprong van die skepping en in Hom is lewe. Maar nie net dit nie, Jesus is ook onveranderlik: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb 13:8; vgl ook 1:10-12). Terwyl hy die dood ervaar en die verandering van sy materiële liggaam ondergaan het, is Hy steeds presies dieselfde Persoon.

As ons nou terugkeer na ons teks (Heb 11:1), dan sien ons dat geloof sekere dinge moontlik maak. Anders gestel, ander dinge is van geloof afhanklik om ‘n werklikheid te word. Vers 4-40 laat ons in geen twyfel dat dit die geval is nie. Die getuienis is oorweldigend. Hier is nog ‘n paar dinge wat geloof moontlik maak, of andersom, dinge wat van geloof afhanklik is om ‘n werklikheid te word:

  • Sondevergifnis: “En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe” (Luk 5:20).
  • Genesing: “Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd…en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, self in Israel het Ek so groot ‘n geloof nie gevind nie. En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond” (Luk 7:9-10; vgl 8:45-48).
  • Opstanding uit die dood: “Glo net en sy sal gered word… En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op! En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan…”(Luk 8:49-55).
  • Ewige lewe, hier en nou: sien Joh 3:16.
  • Ewige lewe, eendag en waar: “…en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele…” (1 Pet 1:9).


(3) Die siel as ‘n immateriële geestelike substans


Die voorafgaande gegewens tesame met die wat ons in die vorige afdelings vanuit ‘n Bybelse perspektief bymekaar gemaak het, stel ons in die posisie om die volgende werkbare raamwerk van die siel op te stel

  • Die menslike siel is ‘n geestelike immateriële substans wat nie net sy liggaam onderlê en besiel nie, maar ook identies is aan homself. In ander woorde, die siel is die draer van sy eie lewe en eienskappe.
  • Die siel is ‘n komplekse entiteit; dit is ‘n geheel wat bestaan uit “dele” wat, alhoewel nie van mekaar geskei kan word nie, tog duidelik van mekaar onderskei kan word. In die opsig het die siel

(a) drie natuurlike setels, kragte of funksies wat òf samehangend òf onafhanklik van mekaar kan funksioneer, te wete ‘n

(i) verstandelike

(ii) geestelike en

(iii) morele setel en


(b) baie verskillende en verwante vermoëns of kapasiteite wat saam groepeer onder een of meer van die genoemde setels. Daar is iets soos eerste-orde vermoëns, tweede-orde vermoëns en so aan in die siel, insluitend absolute vermoëns.

  • Die siel is ‘n ek of self wat oor ‘n bewussyn beskik, en is gevolglik by magte om van dinge buite sowel as binne homself bewus te word. Gewaarwordinge gaan gepaard met siels- of gemoedstoestande.
  • Die siel as ‘n ek, self en persoon is ‘n agent (met ‘n vrye wil) en verstandsentrum ten volle teenwoordig in byna elke deel van sy liggaam.


Die Bybelse menssiening wat ek voorstaan, staan bekend as substans-dualisme. Hierdie siening stel ek so:

  • ‘n Mens is ‘n diep eenheid van twee soorte entiteite, siel/gees en liggaam.
  • Daar is net een substans, die immateriële persoon wat die besitter is van sy eie eienskappe. Dit sê twee dinge: enersyds moet ons nie dink dat die mens se dualisme van siel en liggaam twee aparte of losstaande entiteite behels nie; andersyds moet ons nie dink ‘n persoon ‘n siel-liggaam samestelling is nie. God is immers die mees volmaakte Persoon (Matt 5:48), en dit sonder ‘n materiële liggaam.


Ek gaan vervolgens kortliks aandag vestig op ‘n paar belangrike punte in verband met die bogenoemde raamwerk en dan fokus op een beswaar wat fisikaliste oor die algemeen teenoor substans-dualisme opper.

Eerstens, soos ons gesien het, ‘n substans is iets wat iets ander onderlê. As sodanig is ‘n substans ‘n eerste oorsaak van dinge wat bestaan (God is ‘n geestelike substans wat ook die begin van die wêreld en lewe is – Gen 1:1; Joh 1:1-4; 4:23-24), dit wil sê, die begin is van verandering en verklaar hoe iets tot stand kom. ‘n Stel planke, byvoorbeeld, kan nie vanself in ‘n tafel verander nie, en kan die menslike liggaam ook nie ‘n eenheid word sonder ‘n organiserende oorsaak nie. Dinge wat verander maak die beginsel dat iets nie uit niks voortkom nie dus ‘n redelike een. En dit tel teen aanhangers van die ewolusieteorie.

Tweedens, ‘n substans het eienskappe en eienskappe is in ‘n substans. Dit beteken, deur ‘n substans se eienskappe te beskryf, word werklike dinge van daardie substans self beskryf. Sekere eienskappe kom nie in grade voor of bestaan nie in mates nie. Hulle verskyn òf opeens òf glad nie, en hulle is òf ten volle teenwoordig òf glad nie, byvoorbeeld, ‘n natuurlike soort of aard (menslikheid, dierlikheid, plantaardigheid). Tog verskyn sommige eienskappe wel in mates, byvoorbeeld, bewolktheid, massa (swaar, swaarder, swaarste), pyn (seer, seerder, seerste), soetheid, sorg, emosionaliteit en rasionaliteit, en kan daarom in meerdere of meerdere mate in beide kwaliteit of intensiteit manifesteer. Hou egter ook in gedagte dat sekere eienskappe toevallig en ander essensieël is. Pugsley se kleur is toevallig gelerig (hy kon swart gewees het), maar nie sy essensiële eienskappe (sy natuur, vermoëns, neigings, moontlikhede, aanlegte) nie; hulle is wat sy natuur maak wat dit is en vorm. In ander woorde, sy essensiële eienskappe sê vir ons wat se soort ding hy is: hy is ‘n dierlike ding, net soos menslikheid die antwoord is op watse soort wese die mens is. Dit volg, indien ‘n substans sy essensiële natuur sou verloor, sal die substans tot niet gaan. In ander woorde, ‘n mens kon nie uit ‘n vis of aap uit ontwikkel het nie. Soort produseer soort (vgl Gen 1:26-27; 5:1 & 3).

Derdens, die menslike natuur of wesensaard is ‘n rasionele natuur. Maar wat beteken dit nou eintlik?

  • Die siel staan tot die liggaam soos God tot die wêreld. In ander woorde, die siel is verstandelik of kennend ten volle teenwoordig in byna elke plek in sy liggaam, net soos God in die wêreld en heelal is.
  • Die siel woon in sy liggaam; “in”, maar nie soos water in ‘n glas nie. Die siel kan derhalwe nie ruimtelik gelokaliseer word nie, net soos God ruimte vul maar nie in ruimte of in spesifieke plekke (bv, geboue) vasgepen kan word nie (vgl Hand 7:48-49; 17:24; 1 Kon 8:27). Met ander woorde, nie ek of God word op enige manier met enige materiële werklikheid vereenselwig nie.


Verdermeer, as die siel sy liggaam bewoon (vgl 2 Kor 5:1-10), dan beteken dit dat die siel het direkte, onmiddellike en bewustelike gewaarwording in byna elke deel van sy liggaam, en kan dus direk en dadelik dinge weet en besluit of wil om iets met sy liggaam te doen (vgl Rom 6:13. OV). Ons kan dus sê die siel is ‘n bewussynssentrum. Dieselfde geld ten aansien van ons God: “Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?” (Ps 139:7. OV).

  • As ek ‘n oog of long sou verloor, ‘n boom afgekap word of ‘n slang vrek, dan verloor nie ek of God onderskeidelik enige dele van ons immateriële geestelike self nie.
  • Indien iemand my sou oopsny om my siel te soek, sal hy nie my siel sien of vind nie (vgl 1 Pet 3:4), net soos God nie in fisiese vorm in die wêreld waargeneem en gevind kan word nie (vgl 1 Tim 2:17; 1 Joh 4:12) maar wel Sy eienskappe (Rom 1:20).

So gesien beteken dat dit gepas is om na die mens as ‘n besielde liggaam eerder as ‘n beliggaamde siel te praat (vgl Gen 2:7). Hierdie feite wys egter op ‘n verdere ooreenkoms: die siel staan tot sy liggaam soos Christus tot die kerk (gemeente).

  • Net soos die siel die liggaam bekragtig om lewend te word (vgl Gen 2:7; Eseg 37:1-14), so bekragtig Jesus Christus deur die Gees van God Sy een liggaam (Ef 4:4). Terwyl die liggaam (gemeente) van Christus fisies waarneembaar is, is dit nie die geval met die Gees nie. In die verband bewoon Hy elke lid afsonderlik en ook Sy liggaam as ‘n geheel (1 Kor 3:16; Ef 4:11-16). Dit het begin in die bóvertrek in Handelinge 2:1-4. Die eenheid en die aard van die liggaam van Christus is so kosbaar dat God ‘n prys op persone geplaas het wat dit op enige manier wil of sal skend (1 Kor 3:9-17; sien veral vs 17).

Die siel/gees en sy liggaam is dus ‘n hegte funksionele eenheid. Maar LET OP: in beide die gevalle van die mens en die gemeente gaan ‘n IMMATERIËLE GEESTELIKE WESE die materiële liggaam VOORAF, en NIE andersom NIE!

Vierdens, die siel as ‘n substans beskik oor ten minste vyf soorte sielstoestande: sensasies, gedagtes, geloofsinhoude (of geloofsaannames), begeertes en aksies van die wil (wilskrag).

  • ‘n Sensasie is ‘n toestand van bewuswording, ‘n bewustelike gewaarwording van iets, byvoorbeeld, ‘n kleur, geluid, ‘n pyn of reuk. ‘n Visuele sensasie, soos om ‘n rooi appel te aanskou, is ‘n toestand van die siel, en nie ‘n toestand van die oogballe nie. Oë kan nie sien nie; ons (siele) sien met die oë. Die brein, oë, die mond en hande – die liggaam in die algemeen – is instrumente of werktuie wat die siel gebruik om sinvol met die wêreld om te gaan (vgl Rom 6:13; Rom 12:1-2; 2 Kor 5:10; Spr 24:12).
  • ‘n Gedagte is die inhoud van die verstand wat uitgedruk word in ‘n volle sin, en bestaan net so lank as die duur van die gedagte self. Daar is vier dinge wat ons oor gedagtes kan sê. Een, gedagtes kan waar of vals en goed of sleg wees. Twee, sekere gedagtes impliseer ander gedagtes (bv, “alle honde is soogdiere” impliseer “sommige honde is soogdiere”). Drie, sommige gedagtes lei nie noodwendig tot ander gedagtes nie; hulle is eerder die basis wat verdere gedagtes regverdig (bv, in ‘n hof sal sekere gedagtes ten opsigte van getuienis lei tot die gedagte dat ‘n aangeklagte skuldig is). Vier, ‘n gedagte is nie dieselfde as die medium waardeur dit uitgedruk word nie. ‘n Gesproke sin bestaan uit hoorbare geluide en ‘n geskrewe sin deur merke op papier. Die inhoud daarvan of wat dit uitdruk is immaterieël, en bestaan daarom net in die verstand van die spreker of hoorder.
  • Om iets te glo word gedoen na gelang van verskillende grade of mates van oortuiging en intensiteit. Indien iemand glo dat dit nou reën, dan dien sodanige geloof as basis vir ‘n persoon se neiging of gereedheid om sekere dinge te doen (bv, die persoon kry ‘n sambreel). ‘n Persoon kan ook op enige stadium van haar lewe baie dinge glo sonder dat daardie dinge op enige stadium wel deurdink is. Dit volg dat die inhoud van die dinge wat geglo word slegs op een manier kan verander, wanneer ‘n persoon op nugtere en rasionele wyse oor die inhoud daarvan nadink. Van meet af moet ons dus verstaan dat glo nie blindweg glo behels nie. Dieselfde geld ten opsigte van liefde; dit is nie blind nie (vgl Fil 1:9-10). Dit vereis ‘n baie spesifieke soort van sien (verstaan, begrip), en wat ons gaan sien, gaan afhang van die inhoud van wat ons glo. Die impak daarvan op ons besluite en gedrag gaan dus ook afhang van die intensiteit waarmee die inhoud geglo word. Dit volg, as die siel ‘n eenheid van setels of kragte is, dan sal wat gebeur in een area of deel van die self ‘n besliste invloed hê op ander areas of dele van die self.
  • Indien ‘n begeerte ‘n sekere impuls is om iets te besit, te vermy, te doen of sekere dinge te ervaar, dan is begeertes òf iets wat ‘n persoon bewustelik van weet òf deur gesprek van bewus gemaak kan word. Ons het geen rede om te dink dat natuurlike begeertes enigsins ydel is nie. In die geval van ‘n natuurlike begeerte, sê vir kos, moet kos bestaan, anders kan hierdie begeerte nie vervul word nie. Dit is moeilik om te dink dat mense sal honger word in ‘n wêreld waar daar nie kos is nie. Kan ons dieselfde sê ten aansien van mense en hul honger vir God? Die Bybel sê onder andere, “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon” (Heb 11:6. NV).
  • ‘n Aksie van die wil wys op die vermoë om keuses te maak of iets te inisieer. Ons noem dit wilskrag. In dié sin is vrye wil ‘n persoonlike hoedanigheid: gegee opsie A en B, ‘n persoon kan letterlik kies vir A of B. Met ander woorde, die keuse hang van die persoon se wil af; as sy vir A kies, dan kan sy dit ook anders gewil het. As ‘n agent die absolute eerste-oorsaak van sy of haar handelinge is, dan is dit ‘n geval dat die persoon hom of haarself beweeg.

By die siel se toestande kan ons voeg drie natuurlike en samehangende setels of kragte van die siel (persoon): die verstand, die gees en ‘n morele setel. Oor hulle kan ons onmiddellik twee dinge sê. Eerstens, die siel het letterlik duisende soorte vermoëns wat op natuurlike wyse in setels saam groepeer. Byvoorbeeld, om te kan dink, te analiseer en logies dinge te beredeneer is vermoëns van die verstand. As sodanig is ‘n setel ‘n afdeling of krag van die siel wat oor ‘n aantal verwante vermoëns beskik. Die tweede belangrike punt is dat vermoëns ‘n hierargiese aard of struktuur behels. Daar is iets soos eerste-orde vermoëns, tweede-orde vermoëns en so aan, tot by die hoogste of absolute vermoëns. Dit impliseer dat hoër-orde vermoëns slegs verwesenlik kan word wanneer die laer-orde vermoëns ontwikkel het.

Dit lei tot ‘n baie belangrike vraag: Wat is ‘n behoorlikheidsfunksie? Anders gevra, wanneer funksioneer iets na behore? Ons sê iets funksioneer behoorlik wanneer dit funksioneer soos dit bedoel of ontwerp is om te funksioneer. Al die voorgenoemde gegewens laat ons toe om te sê die siel, self of ek, is ‘n verstandsentrum van gedagtes, sensasies, begeertes, wilskrag en geloofsaannames. Die siel is ten volle teenwoordig in sy liggaam. Dit beteken jy is ‘n siel en het en leef in ‘n liggaam. Dit beteken voorts dat geen mens ooit jou kan sien nie. Ek kan jou liggaam sien, maar nie jou gedagtes, begeertes, sensasies of wil nie. Die siel en liggaam staan in ‘n oorsaak-gevolg relasie. Ek beskik oor die krag om my liggaam te beweeg; ek kan vrylik besluit wat ek wil eet wanneer ek honger is. My brein bepaal dus nie my keuses vir my nie. Dit volg dat my verstand nie dieselfde entiteit as my brein is nie.

Die geestelike setel van die siel is die gees, daardie entiteit waardeur ons direk met God in kontak kom (Ps 51:10; Rom 8:1-16). Voor die wedergeboorte is die gees werklik, en beskik die gees oor die vermoë om bewus van God te word (vgl die geloofshelde van Heb 11 met hul geestelike ervarings in die Ou Testament). Tog is die meeste mense se geestesvermoëns dood of in wanorde. So wat gebeur by die wedergeboorte? God plaas nuwe vermoëns in die gees, vermoëns wat gevoed moet word met geestelike voedsel om te kan groei en ontwikkel (Heb 5:12-14; 6:1-3; 1 Pet 2:2).

Die morele setel van die siel behels hoofsaaklik twee aspekte: die gewete en gewoontes. Ek volstaan met net twee opmerkings. Een, die morele setel is die plek vir morele self-bewuswording, oordeel, oortuigings, redenering, besluitneming en selfbeheer plaasvind. En twee, dit moet by wyse van herhaling geoefen word om effektief te funksioneer. Dit is inderdaad die geval met die ander setels en sielsvermoëns. Totdat sekere basiese vermoëns nie ontwikkel nie, sal hoër-orde vermoëns moeilik verwesenlik word. Oorweeg die volgende:

Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg en verkeerd is nie, want hy is nog ‘n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig [geestesvermoëns – OV] beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei (Heb 5:13-14. NAV).

Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê (1 Kor 2:11. OV)


Ons word dus geforseer om twee finale opmerkings te maak. Een, die setels van die siel is soos ‘n spier; hulle word sterker hoe meer hulle geoefen word. Wanneer nie, dan kan ons verwag die spier sal verswak en uiteindelik sy krag verloor. Twee, die verstandelik, geestelik en moreel volwasse persoon is ‘n individu met ‘n goed georganiseerde siel.

Kom ons kyk nou na die beswaar van fisikaliste teen substans-dualisme.

(4) Beswaar: Ons weet nie hoe ‘n immateriële entiteit materie kan beïnvloed nie!


Die fisikalis se beswaar teen dualisme veronderstel dat indien ons nie weet hoe entiteit A die oorsaak van entiteit B is nie, dan is dit redelik om te glo dat A nie die oorsaak van B is nie. Dit impliseer dat die siel/verstand nie verskil van die liggaam/brein nie. Daar is ten minste twee redes hoekom hiérdié fisikalistiese gevolgtrekking moeilik is om te handhaaf. Eerstens, alledaagse mense weet dikwels dat een ding volg op ‘n ander (selfs as twee items van mekaar verskil), ten spyte daarvan dat hulle nie weet hoe dit gebeur nie. Kom ons neem, byvoorbeeld, die opdoen van ‘n verkoue. Géén alledaagse mens sal ontken dat verkoues lei tot lopende neuse nie, en tog weet hulle dat ‘n verkoue en ‘n lopende neus twee verskillende dinge is. Dieselfde geld ten opsigte van die wet van swaartekrag. Alledaagse mense weet dat ‘n appel val afwaarts uit ‘n boom en nie opgaan in die lug nie; hulle verstaan dat mense dinge doen vir ‘n rede, byvoorbeeld, ‘n persoon in ‘n vergadering wil dat sy hand opgaan om sy stem te registreer. Sodanige interaksies tussen siel en liggaam is basies en doelmatig, en tog het die oorsake in al die genoemde gevalle ‘n ander natuur as die gevolg.

Hiérdié insigte kan nou van toepassing gemaak word op die interaksie tussen die siel/verstand en liggaam/brein – ‘n interaksie wat ons van weet en verstaan. Net soos ‘n breinbesering kan lei tot geheueverlies in Joe se siel, só kan depressie in Joe se siel lei tot hoofpyne en maagsere in sy liggaam. Die getuienis oor dié soorte interaksie is so oorweldigend dat ‘n vraag na die hoe van die interaksie totaal oorbodig word. Dat dit wel gebeur is die kern van die saak. Hier volg ‘n aantal voorbeelde uit die Bybel (OV):

  • Nabal word een oggend wakker, na ‘n partytjie die vorige aand, en sy vrou begroet hom met sekere informasie oor Dawid: “Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos ‘n klip” (1 Sam 25:37).
  • Koning Agab begeer Nabot se wingerd; hy verval in depressie omdat Nabot weier om sy grond aan hom af te staan: “En hy het op sy bed gaan lê [“bitter en kwaad”] en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie” (1 Kon 21:1-7, ev).
  • “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verotting vir die gebeente” (Spr 14:30).
  • “’n Vrolike hart maak die aangesig bly…” (Spr 15:13).
  • “Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente” (Spr 16:24).
  • “’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog” (Spr 17:22).
  • “Die gees van die mens ondersteun hom in sy krankheid…” (Spr 18:14).

Ons let op nog twee voorbeelde.

Die eerste gaan oor Kain en Abel. Die Bybel is heel duidelik oor waarom Kain sy broer vermoor het. God het Abel en sy offer aangeneem en Kain en syne verwerp. Hoe reageer Kain toe? “Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang [depressief?]. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing [aanvaarding; aanneming] as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie – die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers” (Gen 4:5-7). Van belang hier is om te sien dat gedagtes, emosies en begeertes hou direk verband met sekere soort gedrag, goed of sleg, reg of verkeerd. In ander woorde, watter soort gedagtes, emosies en begeertes ‘n persoon ook al mag vertroetel, hulle gaan ‘n besliste invloed uitoefen op ‘n persoon se wil en gedrag (kyk wat God vir ons by monde van Paulus in Fil 4:8 sê). Ons sien dit ook in die volgende voorbeeld.

In 2 Samuel 13 lees ons van Amnon wat “verlief” geraak het op sy suster Tamar. Daar was egter ‘n bron van groot frustrasie vir hom: hy kon nie sy seksuele luste met haar bevredig nie. Die Skrif deel ons mee dat Amnon “dit hom so aangetrek het, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was ‘n jong meisie [‘n maagd], en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen” (vs 2. OV). Met ander woorde, hy kon nie sy sin met haar kry nie. Let nou op wat sy “siekte” behels: “Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk [Engels: “depressed”] (vs 4)?”, vra sy vriend hom. Betekenisvol is dat, alhoewel sy vriend sy “siekte” op sy gelaat kon sien, was dit nie ‘n “siekte” van sy liggaam nie, maar van sy gemoed. Maar neem ook gou kennis, alhoewel sy vriend sy depressiewe gemoed op sy gelaat kon sien, was dit nie die geval met sy wellus (begeertes) nie! Wat doen Amnon toe om van sy “siekte” (depressie en seksuele frustrasies) ontslae te raak? Hy beraam ‘n paar skelm planne. Die res is geskiedenis: hy verkrag (“onteer”) haar, en sy? Sy het “haar hand op haar hoof gelê en aldeur geloop en weeklaag [treur]” (vs 19).

Die tweede rede hoekom dit moeilik is om fisikaliste se beswaar teen siel-liggaam dualisme te handhaaf, is eenvoudig dit. As dualisme waar is, dan het die fisiese en neurowetenskap nie die laaste sê oor die mens en/of sy natuur nie. By wyse van samevatting kan ons sê, die siel funksioneer as ‘n eenheid, as ‘n enkele verenigde ek. Dus, wanneer die siel se vermoëns (denke, gevoel, begeertes, geloofsaannames, wilskrag en gewete) in disharmonie en los van mekaar begin funksioneer, dan kan ons allerlei probleme verwag.

8. Slotopmerkings


Geen persoon by sy volle positiewe sal ontken dat die brein ‘n baie belangrike plek opneem in die menslike liggaam nie. Daar is egter ‘n ontstellende neiging wat posvat in kringe waar leringe oor die brein in verbinding gebring word met geestelike transformasie, en dit is om die brein te gebruik as die sleutel tot “sukses”, geestelike welstand en wêreldse vooruitgang. Ons kan gerus weer let op die volgende woorde van Jesus:

“Want wat baat dit as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade lei? Of wat sal ‘n mens as losprys gee vir sy siel?” (Matt 16:26. OV).

__________________________________________________________________________

BRONVERWYSINGS

Almy GL 2000. How Christian is Christian Counselling? The Dangerous Secular Influences That Keep Us from Caring for Souls. Wheaton, Illinois: Crossway Books.

Andreski S 1972. Social Sciences as Sorcery. London: André Deutsch Ltd.

Barclay W 1971. Ethics in a Permissive Society. Glasgow: Fontana.

Beauregard M & O’Leary D 2007. The Spiritual Brain. A Neuroscientist’s Case for the Existence of the Soul. New York: HarperOne.

Breggin P 1991. Toxic Psychiatry. Drugs and Electroconvulsive Therapy: The Truth and the Better Alternatives. London: Fontana.

Cornwell J (ed) 1998. Consciousness and Human Identity. Oxford: Oxford University Press.

Dawes RM 1994. House of Cards. Psychology and Psychotherapy Built on Myth. New York: The Free Press.

Die Bybel met Deutero-Kanonieke Boeke

1953 (2de hersiende uitg.). Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Die Bybel Nuwe Testament en Psalms 1983-vertaling.

Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Dembski WA 1999. Intelligent Design. The Bridge Between Science & Theology. Leicester, England: IVP Academic.

Eysenck H 1985. Decline and Fall of the Freudian Empire. London: Penguin Books.

Greene J & Cohen J 2004. For the law, neuroscience changes nothing and everything. Beskikbaar by

www.theroyalsociety. Afgetrek: 9 November 2010.



Gross ML 1978. The Psychological Society. A Critical Analysis of Psychiatry,Psychotherapy, Psychoanalysis and the Psychological Revolution. New York: Random House.


Hacker PMS 2005. Passing by the Naturalistic Turn: On Quine’s Cul-De-Sac. Verkrygbaar op

www.info.sjc.ox.ac.uk/hacker/recentpapers. Afgelaai op 30 Julie 2009.



Hunt D 1998. Occult Invasion. The Subtle Seduction of the World and Church. Eugene, Oregon: Harvest House Publishers.


Kutchins A & Kirk SA 1997. Making Us Crazy. DSM – The Psychiatric Bible and the Creation of Mental Disorders. London: The Free Press.


Lacasse JR & Leo J 2005. Serotonin and Depression: Disconnect Between the Advertisements and the Scientific Literature. Beskikbaar by

www.plosmedicine.org. Afgetrek: 12 Oktober 2010.



Leo J & Lacasse JR 2007. The Media and the Chemical Imbalance Theory of Depression. Beskikbaar by www. plosmedicine.org. Afgetrek: 12 Oktober 2010.


Masson J 1984. The Assault on Truth. Freud and Child Sexual Abuse. London: Fontana.


Masson J 1989. Against Therapy. London: Fontana.


Menninger K 1973. Whatever Became of Sin? London: Hodder and Stoughton.


Moreland JP & Ciocchi DM (eds) 1993. Christian Perspectives on Being Human. A Multi-disciplinary Approach to Integration. Grand Rapids, Michigan: Baker Books.


Moreland JP 2008. Consciousness and the Existence of God. A Theistic Argument. New York: Routledge.


Mowrer OH 1961. The Crisis in Psychiatry and Religion. New York: Van Nostrand Co Inc.


Pinker S 2002. The Blank Slate. The Modern Denial of Human Nature. London: BCA.

Szasz TS 1961. The Myth of Mental Illness. London: Harper & Row.

Szasz TS 1970. The Manufacture of Madness. A Comparative Study of the Inquisition and the Mental Health Movement. New York: Harper & Row.

Szasz TS 1988 (1978). The Myth of Psychotherapy. Syracuse: Syracuse University Press.

Taylor K 2004. Brainwashing. The Science of Thought Control. New York: Oxford University Press.

Torrey EF 1983. The Mind Game. Witchdoctors and Psychiatrists. New York: Jason Aronson.

Vitz PC 1977. Psychology as Religion. The Cult of Self-Worship. Grand Rapids: Wm. B. Eerdmans.

Webster R 1995. Why Freud was Wrong. Sin, Science and Psychoanalysis. London: HarperCollins.

Zilbergeld B 1983. The Shrinking of America. Myth of Psychological Change. Boston: Little, Brown.

WEBWERF ARTIKELS

www.article-Chemical Myth.mht



www.drugsandyourmind.com


www.anxiety-and-depression-solutions.com


www.ctv.ca/CTVNews/Health/20080117/antidepressants_080117/


www.medicalnewstoday.com


www.in.reuters.con/article/


 

 Save as PDF