Hierin le die volheid van God se liefdes verbond vir ons, iets wat min verstaan oor ons verkeerd geleer was oor klein doop en eintelik is dit ons basiese grondslag van geloof.
Hierdie is glad nie moeilik om te verstaan, dis “die” goeie nuus. Ek het openbaring gekry oor die besnydenis na ek baie lank self met die Woord gestry het.
Om die doop van die nuwe verbond te verstaan moet ons eers verstaan waar die verbond verdaan kom.
Kry vir jou n koffie of wat ookal jy baie geniet en gaan sit op n stil plekkie waar
niemand jou kan pla nie en bid eers, bid dat God jou gemoed sal stil maak en jou hart
aanvanklik sal maak vir die waarheid en die stemme van leuens sal uithou en as die tyd reg is,openbaring van geloof.
JY IS UITGENOOI na die bruilofsmaal
Mattheus 22:1-7 EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
Die diensknegte waarvan Jesus praat is al die profete en volgelinge van God wat voor sy kruisdood daar was. Die genooides was die Israel die volk wat onder die ou verbond gestaan het. Hulle het nie hulself gestuur aan die verbond nie en hulle rug op God en sy verbond gedraai. Hulle was die uitverkieste volk van God en hulle het self die verbond verbreek.
Mat 22:8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
So staan dit ook in JEREMIA 31:31-33 Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
Mat 22:9-10 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
Jy sien, met die nuwe verbond is JY en EK ingesluit. ALMAL!!
JOHANNES 3:16
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
As ons harte besny word deur vir Jesus in Geloof aan te neem, kry ons deel aan die nuwe vebond, en dan gedoop word met die doop van Jesus, kry ons as’t ware n nuwe kleed, skoongewas van al ons sondes.
Mat 22: 11-14 En toe die Koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Jesus is die Koning in die verhaal. Hy het iemand gekry wat nie deur God se geregtigheid in die Hemel gekom nie, maar deur sy eie geregtigheid. En toe word sy hande vasgebind en hy in die hel gewerp.
Romeine 10:1-4 BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
Die vraag is; Is jy onder jou eie geregtigheid of Jesus sin? Het jy die kleed aan?
Die heel belangrikste is om Jesus Christus as jou verlosser aan te neem, en te glo dat Hy die Seun van God is en vir AL jou sondes gesterf het. Doen dit nou, voor jy verder lees, al dink jy al jy het al – jy het niks om te verloor nie. Bid tot Jesus in jou eie woorde. Vra Jesus vir Sy besnydenis in jou hart.
Mattheus 10:34-36 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
Die swaard is die Woord van God:
HEBREËRS 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Die waarheid wat jy nou gaan lees kan dalk teen dit wat jy geleer was by jou kerk en
wat jou ouers vir jou geleer het, maar onthou Jesus se woorde:
Mat 10:37-39 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Ou manier van God se verbond: Uitverkiestes (Isreal/Juda) / besnydenis(bloed) /
wette op skrif.
Nuwe manier van verbond: Almal / kruisdood(bloed) / doop / nagmaal / wette in hart
Uitverkiestes het die ou verbond verbreek. Nuwe verbond word almal nou ingeluit, kry deel aan verbond deur geloof. Hoe kan die sommige kerke se, jy kry deel aan die nuwe verbond deur die doop(besprinkeling) as baba(ongelowige)? Waar staan dit in die bybel dat n ouer vir jou as gelowige kan instaan onder die nuwe verbond? Ons noem dit “eie geregtigheid” – gaan lees weer Rom10:3 bo.
Net Jesus kan vir jou instaan. Die doop het nie die besnydenis vervang nie – Jesus het toe hy aan die kruis gesterf het.
Jesus het gese die teken van die nuwe verbond is die Kruisdood wat ons vier met Nagmaal nie met die doop nie:
Mattheus 26: 26-28 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Lukas 22:20 Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.
Deur geloof gedoop te word: Onderdompeling (word nie met hande verrig nie = besnydenis van hart nuwe verbond)
Baba besprinkeling: Ouers doop jou (word met hande verrig = ou verbond besnydenis)
Kolossense 2: 9-12 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het
Doop volg na Jesus in geloof aangeneem is:
Handelinge 8:36-38 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê:
Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
As jy as baba “gedoop” was beteken dit jy staan in die ou verbond en jy het nog nie die nuwe kleed aan nie en kan nie saam gaan in die bruilofsmaal.
Dit is wat Jesus gese het net voor hy opgevaar het hemel toe:
Markus 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Wonder jy nie ook hoekom Jesus so iets sal se as die doop self jou nie red nie? Dit gaan oor geloof! as jy glo sal jy jouself laat doop! Anders glo jy nie.
Wat glo jy?
As jy dalk die leuen van satan geglo het oor die doop en jy wil bekeer lees: BEKEER NOU
Comments
2 responses to “Baba Doop is Sonde”
Hi daar. Wil graag gedoop word. Ek word 30 die agtste augustus. Ek moet my Vader wys eks bereid en talentvol genoeg te danke aan SY lig waarin ek lewe. Sal net biekie meer raad wil he oor sekere goed. Het so baie om te se voor die doop. En al die antwoorde wat aan my gewys word . Dis net iets wat mense kan glo. En die artikel is klaar n groot help. Wil net persoonlike , ware ondervinding vertel word. Ek is nie beplan om alles te probeer weet nie. Ek sal nooit kan nie. Maar ek weet wat ek weet en alles dit in net meer as n jaar se tyd. Dis net die begin van my waarheid.
Baie interresant hoe daar telkens gewys word op wat NIE in die Bybel staan nie net om myna onmiddelik weer aannames as riglyn voor te hou.