Droom: God se Oordeel kom Sondag!

Ek het n droom gehad op 29-Oct-2024;

Ek kom by iemand aan wat besig is om te preek dat n mens se liggaam die tempel is van die Heilige Gees (tempel is die Heilige Plek) en waar dit in die Bybel staan. Oor ek dit reeds weet was ek nogal arrogant en nie opgelet om die verse onthou nie, waaroor ek nou spyt is. Daar was n spesifike vers wat hy na verwys het in een van die ou profete…..

Toe begin hy te vertel dat die covid inspuiting die Heilige Plek besoedel het. (Net soos Israel altyd die tempel besoedel het) en God se erge oordeel is oppad daaroor (Mense gaan dood gaan) en hy se toe dit gaan hierdie Sondag gebeur! 😧

Ek staan toe en dink watse Sondag en die volgende oomblik vlieg daar BAIE weermag helikopters en vliegtuie oor my van oos na wes, ek dink by myself dis die teken om te weet in watse week dit gaan gebeur….toe word ek wakker.

 Save as PDF