Droom van platbak trok

Platbak trok droom

Ek sien n platbak trok met mense agter op wat staan en iets bewonder in die veld. Daar is ook goed om te koop op die trok wat al die groot mense se aandag aftrek. Die trok is in die beweeg.

My oog vang heel agter op die hoek van die platbak is twee blanke peuter seuns besig om te speel sonder toesig. Ek sien hoe die een peuter van die trok af klouter. Eks geweldig benoud terwyl dit gebeur oor hy nog so klein is. Hy klouter en hang omtrent tot op die grond en klim toe weer veilig op. Toe volg die ander seun, hy klim heel af tot op grond en klim weer op. Dit was n geweldige verligting toe hulle weer bo-op is.

Net daarna sien ek n swart kleuter dogtertjie wat ook die speletjie wil speel. Sy gly en beland onder die wiele van die vinnig beweegende trok. Daar was n ou wit oom wat dit net te laat sien gebeur, haar probeer red maar hy kon net haar mus op haar kop raak gryp voor sy val.

Ek sien toe die trok met die al mense op is weg en sy le daar tussen die veld gras. Ek sien toe rondom haar klomp leeus. Sy lig toe haar kop op en besef sy is in n leeu kamp en le weer dood stil. Na n kort tydjie staan sy op en hardloop na die grens draad maar sy maak dit nie en al die leeus verskeur haar.

Ek was erg ontsteld in die droom.

 Save as PDF