
Inleiding
Het die Droom gekry 2-Feb-2024.
Ek droom letterlik elke dag as ek my oe toemaak. Maar nog nooit voorheen so n tipe droom gekry nie. Gewoonlik is ek deel van die droom. Maar hierdie keer was my normale droom onderbreuk deur n beeld wat voor my afspeel – ek is nie in die droom nie ek kan net kyk. Soos n visioen maar in my slaap.
Droom
Ek sien n groot platbak trok met mense agter op wat staan en iets bewonder in die veld. Die mense handeldryf ook op die trok wat al die groot mense besig hou en hulle aandag is afgetrek deur iets in die veld. Die trok is stadig in die beweeg.
My oog vang heel agter op die hoek van die platbak trok is twee blanke peuter seuns besig om te speel sonder toesig. Ek sien hoe die een peuter van die trok af klouter. Eks geweldig benoud terwyl dit gebeur oor hy nog so klein is. Hy klouter en hang omtrent tot op die grond en klim toe weer veilig op. Toe volg die ander seun, hy klim heel af tot op grond en klim weer op. Dit was n geweldige verligting toe hulle weer veilig bo-op is.
Net daarna sien ek n swart kleuter dogtertjie wat ook die selfde wil doen. Sy gly en beland onder die wiele van die vinnig beweegende trok wat nou weg jaag! Daar was n ou blanke oom wat dit net te laat sien gebeur, haar probeer red maar hy kon net haar mus op haar kop raak gryp voor sy val. Sy het so erg geval dat sy deur die lig getrek het na sy onder die wiele was en daar in die veld beland.
Ek sien toe die trok met die al mense op is weg en sy le daar alleen tussen die veld gras. Ek het gedink sy is dood maar sien toe hoe sy haar kop oplig en sy sien toe rondom haar klomp leeus. Sy lig toe weer haar kop op en besef sy is in n leeu kamp en le weer dood stil. Na n kort tydjie staan sy op en hardloop na die grens draad maar sy maak dit nie en al die leeus verskeur haar!
Ek was erg ontsteld in die droom. En wonder toe hoekom die persoon wat die video afgeneem het, nie iets gedoen om dit te stop nie??
Ek word toe wakker.
Uitleg
(Ek het n sterk vermoede) dis nog nie 100% openbaar nie.
Eerste wit peuter = Britanje (1934 – 1964) = (30 jaar regeer)
Tweede wit peuter = Afrikaaner (1964 – 1994) = (30 jaar regeer)
Derde swart kleuter = Huidige regeering (1994 – 2024) = (30 jaar regeer)
Platbak Trok = Wereld Ekonomie
Leeus = ?
Ou man wat haar probeer red = ?
So die regeering gaan uit die wereld ekonomie geskop word en dan verskeur word deur leeus.