
Ons almal ken die volgende uitspraak; “Jy moet groete eet om gesond te wees” Maar is dit regtig waar? Groente soos ons dit vandag ken word nie voorgeskryf in die Woord van God om deur mens geeet te word as deel van stapelvoedsel nie.
Wat se die Bybel oor groente?
Die KJV (1611) vertaling van die Bybel is die woord van God in engels en gebaseer op die textus receptus. Die KJV Bybel is die enigste Bybel wat nie n kopie reg op het nie. Alle vertalings na die KJV het “foute” en dit sluit in die OU afrikaanse vertaling van 1933. Let wel daar was akuraate Hollandse vertalings gewees maar dit is moeilik vir ons om vandag te lees en verstaan. Ek gebruik die Afrikaanse OV en maak net altyd seker hy stem ooreen met die KJV. Nou dat ons die feite het kom ons kyk.

Soos hier bo aangedui kom die woord “vegetables” nie voor in die Bybel nie – maar jy sal sien dit kom in klomp vertalings na die KJV voor. So begin die aanval op die Woord van God – met vertalings foute…
Die eerste keer wat God vir die mens vertel wat hulle mag eet kom voor in Genesis 1:29
“Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die (1) plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die (2) bome wat vrugte dra en (3) saad gee. Dit sal julle kos wees.
1. Plante wat saad gee

Vandag sal ons hierdie groep plante noem “graan en bone”. Dis n plant wat saad gee; soos rys, bone, lensies, koring, mielies, ertjies en so voorts.
2. Bome wat vrugte dra

3. Bome wat saad gee

“bome wat saad gee” dis niks anders as neute bome nie.
4. Vleis

Genesis 9:3-4 – “Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.”
Handelinge 10:11-13 – “Hy het die hemel oop gesien en iets soos ‘n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, sien afkom grond toe. Daarin was van al die viervoetige en die kruipende diere van die aarde en van al die wilde voëls. Hy hoor toe ‘n stem vir hom sê: “Kom, Petrus, slag en eet.”
Groente is eintelik diere kos
Die meeste plante wat ons vandag groente noem is eintelik vir diere gemaak om te eet.
Genesis 1:30: “Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.
Let mooi op die woorde: “groen plante” = “groen-te“
Die volgende vraag is dan – is dit sonde om groente te eet? Die antwoord is nee dis eintelik n straf!
Genesis 3:18 – “Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet;”
Daniel 4:29-32 – Na twaalf maande, terwyl hy op die dak van die paleis geloop het,het hy gesê: “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan ‘n koningstad gemaak, tot my eer en roem.” Sy woorde was nog nie koud nie toe kom daar ‘n stem uit die hemel: “Daar is besluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskap onthef gaan word. Jy sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef en gras moet eet soos beeste. Dit sal sewe tydperke lank oor jou kom. Dan sal jy moet erken dat die Allerhoogste mag het oor die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil.”
In beide gevalle bo was dit n straf van God om groente te eet. En word gewoonlik geeet na n hongersnood(2 Kon 4:39) of oorlog.
Maar wat van Daniels vas?
Daniel het nooit net groente geeet vir n vas nie.

Daniel 1:5-16
Daniel en sy vriende was in n 3 jaar fisiese opleiding vir Nebukadnesar. Die koning het vir almal van sy kos en wyn gegee terwyl hulle besig was met die oefening. Daniel wou nie die kos van die koning eet. Hy het toestemming gekry vir n 10 dae proefneming om kos van sy eie keuse te eet en daarna te sien hoe hy lyk. Daniël se dieet het uit “bone en water” bestaan. Toe die 10 dae verby was, het Daniël en sy vriende beter gelyk as al die ander wat van die koning se kos en wyn geeet het. Hulle het minder vet en groter spiere gehad.
Hier is waar die Afrikaanse vertaling ons in die steek laat. In (KJV) Daniel 1:12 word “pulses” na groente vertaal. “Pulses” is bone en nie groente nie. Of om meer spesifiek te wees; saad in n peul.
Daniel 10:2-3
In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur. Smaaklike spys(*brood) het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
Die bogenoemde praat nie van groente nie.
Laaste woorde
Het jy nie al gewonder hoe mense geweet het wat om te eet en wat nie? Ek het altyd gedink dit was maar n eet en kyk of jy oorleef en so het die mens geleer….. Nee, die Here het duidelik gese wat ons mag en nie mag eet nie! En as mens mooi daaraan dink was die EERSTE sonde juis om iets te eet wat ons nie moes eet nie.
Ons sit vandag met talle siektes wat nie genees nie, mense wat sukkel om gewig te verloor en allergie… As jy soos ek graag wil weet wat God se oorspronklike plan was met kos in ons lewe dan sal jy vinnig agterkom die meeste kos wat ons vandag groente noem was nie deel van daai plan nie en dra by tot al die kwale wat ons vandag in die wereld sien.
“Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” (Jes 5:20)
Ons is mislei en moet terugkom na die waarheid.
Kos wat geeet kan word volgens die woord van God:
- Plante wat saad gee
- Bome wat vrug dra
- Bome wat saad gee
- Alle diere vleis
Saad van plant | Vrug van boom | Saad van boom | Dier produk | ||
Aardappel | – | – | – | – | X |
Mielie | Ja | – | – | – | √† |
Tamatie | – | – | – | – | X |
Olyf | – | Ja | – | – | √† |
Brood(Koring) | Ja | – | – | – | √† |
Botter(Melk) | – | – | – | Ja | √† |
Suiker(Suikerriet) | – | – | – | – | X |
Heuning | – | – | – | Ja | √† |
Blaarslaai | – | – | – | – | X |
Coffee | Ja | – | – | – | √† |
Broccoli | – | – | – | – | X |
Bloubessie | – | Ja | – | – | √† |
Sjokolade(kakao) | – | – | Ja | – | √† |
Wortel | – | – | – | – | X |
Eiers | – | – | – | Ja | √† |