Inleiding
Een van die slegste gevoele in enige verhouding is as jy agterkom jy het ʼn leuen geglo, daarom moet daar openlike kommunikasie wees sonder geheime vir die verhouding om te floreer. Met die bogenoemde in gedagte het ek hierdie artikel geskryf om waarheid van ons verhouding met God met julle te deel. Die inhoud van hierdie artikel strek uit eie ervaring, baie ure se Bybel studie en insig van die Heilige Gees. Hierdie boodskap is vir my so belangrik soos Martin Luther se brief teen die Katolieke kerk se deur! Ek bid nou dat hierdie artikel in die Gees teen jou liggaamlike tempel se deur vas geslaan word, dat die woorde wat gaan volg nie leeg SAL terugkom nie.
ʼn groot tydperk van my lewe was ek heel van die pad af en baie kosbare tyd gemors, ek het einde 2007 besluit om my lewe te verander en in 2009 het ek myself laat doop. Van die dag toe ek besluit het om my lewe te verander tot vandag toe het ek ʼn liefde ontwikkel vir die Woord, dis so erg dat as ek ʼn oop tydjie het by die werk sal ek Bybel lees en studeer in plaas van iets anders. Hoe meer ek myself verdiep in die Woord, hoe meer wil ek weet van God, die Woord is Sy primêre manier van kommunikasie aan ons en so maklik en eenvoudig om te lees.
Sondaar of foutief?
Deesdae word die woord fout maklik gebruik as iemand sondig. ʼn fout is iets wat per ongeluk gebeur het, waar sonde iets moedswillig was. As iemand steel, moord pleeg of lieg en hy word gevang is dit baie algemeen dat die oortreder hierdie woorde gebruik; “jammer, ek het ʼn fout gemaak weet nie wat ek gedink het nie”. En dis presies hoe hy voel, maar die fout was nogtans iets wat die persoon met sy eie wil gedoen het en daarom is dit ʼn sonde in God se oë.
As iemand by jou huis inbreek al was dit sy eerste keer, is dit algemeen vir daardie persoon om aangekla en bestempel te word as ʼn dief. As iemand eenkeer sondig in sy hele lewe word hy aangekla by God as ʼn sondaar hoe klein die sonde ook al sy. “Niemand is regverdig nie, selfs nie een nie.” Rom 3:10. Dit beteken geen mens was ooit sonder sonde nie, maak nie saak watse dominee, pastoor, pous of St.Enige iemand! Job was vroom en opreg (Job1:8) in vergelyking met al die ander mense op aarde in sy tyd, hy het gereeld offers gebring vir die Here vir die sonde wat hy net vermoed (Job1:5) sy kinders doen. Maar satan se aanklaag teen Job by God was as satan hom hard genoeg mag druk sal Job teen God sondig(Job2:5) en net so het dit toe gebeur met Job wat vir God aankla as onregverdig(Job19:6), oor hy homself gesien het as regverdig oor als wat hy gedoen het en direk teen God gesondig. Job het toe na God met hom gepraat het, besef hy is ʼn sondaar en vir God vergifnis gevra(Job 42:6). God het hom vergewe en hom geseën met dubbel wat hy gehad het voor satan hom in die versoeking gebring het. Baie van ons is in Job se skoene oor ons dink die kerk se dinge het ons regverdig voor Jesus, maar niemand vertel ons die hele waarheid nie. Die kerk is sonder twyfel baie belangrik en nodig, maar verstaan net wat ek nou gaan deel met jou.
Daar is een wat dit baie moeilik en amper onmoontlik maak vir ons om nie te sondig nie; satan. Hy druk jou om te sondig, bring jou in versoeking deur leuens en indoktrinasie van leuens (leuens op ʼn baie subtiele en skelm manier). Die probleem is jy kan nie as jy eenkeer geval het vir die versoeking, nou besef jy het ʼn “fout” gemaak en besluit om dit nooit weer te doen nie en so is jy nou beter nie! Nee, dit werk nie! Die Woord sê duidelik dat geen sondaars in die hemel kan kom nie. Geen kerk belydenis (confession), doop, kerk sakrament, pastoor kan vir jou instaan by God sodat God jou sondes vergeef nie! NEE, die Woord se duidelik daar is geen mens op hierdie aarde wat nie sonde het nie. Kyk wat se Paulus: “Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” 1 Tim 15. Let wel, hy noem homself die vernaamste sondaar! En daar staan nie dat hy was nie maar is.
Ons is almal baie goed (Gen1:31)gemaak (m.a.w. nie foutief nie)! Jy is nie ʼn fabrieksfout as jy sondig nie! So as iemand vir jou se daar is iets fout met jou brein oor jy ʼn sekere sonde doen, sê ek nou vir jou dis glad nie waar nie, dis net vleeslike begeertes daar is niks verkeerd met jou as persoon nie. Die Heilige Gees druk op my nou dat ek die volgende moet skryf want dis wat ʼn leser op hierdie oomblik gaan dink: “As ons almal goed gemaak is, wat van gestremdes?” Is dit nie waar dat alle kinders hemel toe gaan as hulle dood gaan nie? En is dit nie ook waar dat doktors ʼn gestremde se brein meet aan die ouderdom van ʼn kind nie? Gestremdes is waarlik die geseëndes onder ons, wat nie oor hierdie wat jy nou lees hoef te worry nie, maar jy wat kan dink soos ʼn volwassene en hierdie kan lees – hierdie is vir jou. Mens doen moedswillig sonde, ek sê weer sonde is moedswillig nie ʼn fout nie.
Die groot probleem is ons dink dat wanneer ons as Christen grootgemaak is, ons reeds gered is en daarom word alle sonde as foute gesien wat ons net harder aan moet werk, want ons pad hemel toe is klaar oor besluit voor die grondlegging van hierdie aarde deur die “uitverkiesing teologie van God” en daarom hoef ons net harder te probeer om dit nie weer te doen nie. En dis glad nie so nie!!! Dis satan se leuens wat in elke generasie bietjie vir bietjie groei om as ware vandag ʼn toring van baal te wees waarop ons geloof staan.
Sonaanbidding
Die obelisk was oorspronklik gebou vir songod aanbidding in die tyd van Babilon. Hulle het geglo die “rising-sun” vergeef al jou sondes sodra sy strale aan jou raak en oor die feit dat die son opgekom het na hulle gebede. Hulle het geglo god werk deur die son oor god lig is en dat daar geen einde aan god se genade is nie, daarom vergeef hy altyd jou sonde, daar was ook gesê god is in alles en so ook in die son.
Obeliske vandag:
So hoe dit gewerk het is as die eerste vroeë more son straal die bopunt van die obelisk raak, het almal wat daar besig was om te aanbid begin hoereer met mekaar tot die son se strale by die onderkant kom en net daar word hulle vergeef vir die sonde wat hulle deur die nag gedoen het, oor god se strale op hulle val. Glo dit of nie maar dis presies net so vandag, in die week van Maandag tot Saterdag praat miljoene christene nie eers met God nie, vloek, laster, word dronk, steel (om musiek,movies te copy), vertel klien leuens, haat ander, kyk pornografie op internet, kyk Godslasterlike movies , het ʼn buite egtelike verhouding, dobbel, lieg oor die tax uitgawes, kry wellus gedagtes van ander vrouens terwyl gemasturbeer word maar kom Sondag en ʼn kerk diens later dan voel mens beter om net weer te hoor Jesus het vir ons sondes klaar gesterf en jy hoef absoluut NIKS te doen om vergifnes te kry nie want als is klaar gedoen. Dis n halwe waarheid, die god by wie jy vergifnis kry Sondag na Sondag is nie die regte God – YaHuWaH Elohiym wat die aarde gemaak het nie!
Dis die songod van ouds wat ook satan genoem word, hy word ook die son van geregtigheid genoem. Want hy laat dink jou jy is regverdig terwyl jy nie is nie! Hoekom noem ons die dag, sondag? Dink daaraan toe God die wêreld geskep het was sondag, “die eerste dag genoem”!
Die vraag is dan, is jy regtig gered? Wie is YaHuWaH?
Teen wie het jy gesondig?
Eerste moet jy besef teen wie jy gesondig het, want die sonde wat jy in jou lewe gedoen het was nie noodwendig vir jou sleg nie al het jy dalk in die proses onwetend ander mense en jouself seer gemaak. God het ons gemaak in sy beeld “goed” daarom sondig ons teen Hom. YHWH is die enigste God, daar is net een God en dit is YHWH. Hy het die aarde gemaak in ses letterlike dae omtrent ses duisend jaar terug, YHWH het nie miljoene jare nodig gehad om die aarde te maak nie, Hy is almagtig! Yeshua(Jesus) is YHWH se seun en ook God self(Mark2:28). YHWH het die hel geskep vir lucifer en al sy volgelinge oor lucifer hoogmoedig geraak het en net soos YHWH wou wees. Daar kom ʼn dag in die toekoms wat YHWH almal gaan oordeel en vir satan en al sy trawante (die wat hom volg) in die HEL gaan gooi. Die probleem is as jy een keer gesondig het in jou lewe beteken dit jy is deel van satan se volgelinge wat hel toe gaan. As jy dink om AIDS te kry is erg, hel is tot in alle ewigheid en baie erger! YHWH haat sonde want Hy het jou goed gemaak en is baie lief vir jou, daarom wil Hy nie hê dat jy verlore moet gaan saam met satan nie.
YHWH het vir ons sondaars ʼn uitweg gemaak!
Hoe werk vergifnis by YHWH?
Die heel belangrikste eerstens is om te besef, jy is ʼn sondaar! As jy dit nie besef en weet nie – kan jy nie gered word nie!!! Ek sê weer; as jy nie besef jy het ʼn probleem en het hulp nodig nie, kan jy nie gered word nie. Jy as mens het die dryf binne jou om sonde te wil doen, sou die geleentheid daar wees. Daarom is jy nie ʼn dief of moordenaar nie maar ʼn sondaar. “Jy is die een wat sonde wil doen”! Dit gaan oor die wil om sonde te doen! En hoekom sê ek jy kan nie gered word as jy nie besef jy is ʼn sondaar nie? Kyk wat se Jesus: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” Luk 5:32 Onthou wat sê hierdie vers: “…Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.” Rom 3:10 So wie is die regverdiges waarvan Jesus(YESHUA) praat in Luk 5:32 as daar dan niks regverdiges is nie? Dis die wat dink hulle is regverdig wat die “Sun of righteousness” volg in plaas van die “Son of righteousness”, jy is nie regverdig nie, niemand is nie!
Dis so belangrik om te verstaan dat Jesus(YESHUA) nie gekom het vir die mense wat net (per ongeluk ʼn fout hier of daar gemaak het nie) of om individuele sondes te vergeef nie maar vir die mens wat BESEF: “Ek is ʼn sondaar, wat diep binne begeer om te wil sondig” al wat my terug hou is die wette. Jy het klaar gesondig net om te wil sondig.
Vir daardie mens wat dit nou besef het ek BAIE goeie nuus!!!!
Bekeer
Wees bereid om jou sondige lewe te wil los, bekeer beteken om te wil nee te se vir sonde! Soos iemand wat wil ophou rook, jy besef dat dit sleg is en jy wil regtig ophou, maar het hulp nodig want jy kry dit nie self reg nie. Of soos iemand wat op dwelms is, as daardie persoon nie WIL ophou nie, kan niemand hom help nie, al stuur jy hom na watse goeie rehabilitasie sentrum hy sal net weer begin as hy daar uitstap oor sy eie wil moet verander, voor iemand hom kan help. Sou iemand verslaaf wees aan dagga en hy bid en se die Here moet hom help ophou, nou hou hy op daarmee, maar as hy homself weer kry is hy verslaaf aan alkohol nou gaan hy weer deur die proses vir alkohol voor hy hom weer kry is hy verslaaf aan pornografie en so gaan dit aan. Dis hoekom dit nie help jy takel net heeltyd die individuele sonde nie, maar jou sondige wil. As jy WIL verander teenoor jou sondige self sal Jesus(Yeshua) jou hand vat en help!
Wedergeboorte
Yeshua is ʼn sondaar se redding!!! YHWH het die mens so lief gehad dat HY Sy enigste seun Yeshua(Joh 3:16) aarde toe gestuur het om as sondelose mens te leef +/-2000 jaar terug sodat die wat in Hom glo nie Hel toe sal gaan saam met satan nie maar die ewige lewe kan kry saam met Hom. Want deur die eerste mens Adam het sonde in die wêreld gekom(Rom5:12) oor Adam nie YHWH se wil uitgevoer het nie maar satan sin. Yeshua was sondeloos deur “regverdige” mense wat na die wil van satan luister(Joh8:44) gemartel en gekruisig. “Want Hy het Hom(Yeshua) wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”- 2 Kor 5:21 “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” – Joh14:6 Wedergeboorte is wanneer jy besef jy is ʼn sondaar en op jou knieë gaan(Ps 95:6) en vir Jesus vra om jou sondes te vergewe (jou ou mens agter te laat) en jou volle vertroue in Jesus sit om jou te help met hierdie nuwe lewe wat jy in Hom van hierdie oomblik af gaan kry. “TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” Mat 16:24 Die Heilige Gees is God se Gees wat jou sal vul en HELP sodra jy jou sondige lewe opgee vir Jesus. Die besluit om jou sondige mens op te gee vir ʼn lewe saam met Jesus word weerspieël vir ander om te sien in die water doop.
Water Doop
As jy GLO word dan gedoop(Markus 16:16) as teken wat klaar gebeur het in jou lewe. Die doop weerspieël dat jy bereid was om jou ou sondaarsmens op te gee vir ʼn nuwe lewe saam met Jesus, daarom is die simboliek so mooi waar jy met jou hele liggaam onder die water ingaan en as nuwe mens uitkom in Christus Jesus. Baba doop is geen doop. Die heidene van ouds het geglo die elemente kan jou van jou sonde vergewe soos met songod aanbidding waar son die element van vuur is, so het hulle ook geglo water kan ook vergeef oor god mos in alles is. Somige kerke glo vandag die doop het in die plek van die besnydenis verbond gekom, maar Jesus(Yeshua) het gesê: “..Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.” Luk 22:20 m.a.w. Sy lydings beker van BLOED het in die “plek” van die ou verbond gekom wat ons vier met nagmaal, want dis presies wat daar staan!
Verhouding
Daar moet ʼn konstante verhouding wees tussen jou en Jesus, deur om jouself besig te hou met sy Woord (die Bybel) en gedurige gebed (nie net elke aand voor jy gaan slaap nie) maar ʼn konstante gesprekvoering plaasvind in jou elke dag lewe waar jy rondgaan. Jou vleeslike begeertes gaan nog steeds daar wees want jou liggaam word eers vernuwe(1Kor 15:53) as Jesus terugkom. “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Mat 7:21 Nie ons sondige eie wil nie, maar God se wil. “..die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.” Gal 5:17 Jou vleeslike begeertes gaan daar wees tot Jesus terug kom, hou net moed die Heilige Gees sal jou altyd help.
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Mat 6:9-13
Opsomming en laaste woorde
Ons kry vandag twee tipe sondaars, die geredde een en die ongeredde een. Baie dinge in die Bybel sal vir jou ook nou begin sin maak as jy hierdie verstaan, soos byvoorbeeld hierdie gedeelte toe Jesus aan die kruis gehang het:
“En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? ons (hang) tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Luk 23 39-43
Die rower (wat ʼn sondaar is net soos ons) het drie dinge verstaan:
- Vrees vir God.
- Besef hy is ʼn sondaar en op pad hel toe.
- Vir Jesus gevra om aan hom te dink(vergifnis) oor Jesus geen sonde het nie en Hemel toe gaan.
Ja, dis so maklik – maar tog ook so moeilik om jouself te verloën en die aardse te los.
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Mat 6:33
“Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ’n eed.” Prediker 9:2
“Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.” Luk 15:7
“En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar, genadig!” Luk 18:13
“DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Rom 8:1
“MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. – Rom 3: 21-24
Ons is almal sondaars, is jy gered?
As jy besluit om die stap in geloof te neem, lees BEKEER NOU.
Corne Heesakkers