Ek het die volgende spreuke geformuleer deur wat ek beleef in die wereld en hoe die Here so ook dan met my praat. Dit word neergeskryf sodat ek dit altyd sal onthou en miskien kry iemand anders ook iets hieruit:
- Moet nie net bid voor ʼn toets nie, bid ter voorbereiding.
- Hoe kan mens ooit regtig glimlag as jy nie jouself lief het nie?
- As iemand skinder van ander voor jou, sal hulle skinder van jou by ander.
- Onthou as jy weer kwaad raak vir iemand saam met wie jy in verhouding staan; jou stryd is teen die bose geeste in die lug. (Ef6:12)
- R1000 met God se seen sal jou verder vat as R100 000 sonder Sy seen.
- Moet nie vir n skatryk persoon geld leen en dit terug verwag nie.