Waarskuwing – Maagsuurtekort!

Aanval op Liggaam

Deur: Corne Heesakkers

Datum: 23-May-2019

Toe ek hierdie artikel begin het ek geen idee gehad oor al die informasie wat ek gaan ontdek nie met al die tonne navorsing wat hierin gegaan het oor die maande

“GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” 2 Kor 1:3-4

Inleiding

“”A tactic that is sometimes used, to break a person down psychologically and physically, is to induce as much stress as possible for a long period of time.” This tactic is often used to cause macro mineral deficiencies and acid-base disorders in the victim.”[1]

Perry Stone was gevra of sy Pa; Fred Stone wat nou oorlede is, n profetiese woord gekry het net voor hy oorlede is en hy het geantwoord:

“He said the Lord spoke to him, and this was about a month before he passed, that in the last days as we come closer to the time of the end, believers were going to come under a stress, a lot of satanic temptation. And he said, some of this will be temptations that people have never dealt with, he said, godly people, he said some will be sexual temptations with thoughts in their mind to do things that they’ve never thought of doing. He said, he was crying when he told me this. And he said, “Please tell them that the Lord said they have to pray excessively in the Holy Spirit. They have to use the prayer language of the Spirit, and when they’re under temptation, don’t try to fight it by rebuking it in your natural tongue. Fight it by praying heavy in the Spirit of God to get your mind renewed.””[2]

My Storie

Ek het tot bekering gekom in 2009 en met dit was ek in die selfde jaar gedoop. In 2010 was ek gediagnoseer met IBS na intensiewe ondersoeke en toetse deur verskeie doktors. My hoof simptome was sooibrand, buikpyn, opgeblaasdheid en soms diarree. Al die toetse het altyd skoon teruggekom en getoon dat daar geen probleem gevind was nie, meeste doktors het gesê dis gewoonlik stress wat dit veroorsaak. Die doktors het vir my n PPI chronies voor geskryf vir my IBS. PPI is medikasie soos “Nexium, Dexilant, Prilosec, Zegerid, Prevacid, Protonix, Aciphex, Vimovo, Prilosec OTC, Zegerid OTC, and Prevacid 24HR[3] en Altosec” wat basies jou maag laat stop om maagsuur te produseer.

Die PPI het my sooibrand, buikpyn en opgeblaasdheid simptome opgeklaar, maar my diarree was toe op van eenkeer per week na elke dag, my cholesterol en uriensuur vlakke het opgegaan, daarvoor was ek toe chronies op “gout” en cholesterol medikasie gesit. My energie vlakke was toe met al hierdie medikasie baie laag oor daar nou weer te min yster en B12 in my bloed was.

Ek was nie tevrede met die feit dat ek die res van my lewe op medikasie moet wees vir iets wat altyd reg gewerk het nie en het alles gelos. Toe ek als los daal my cholesterol weer terug na normaal, my uriensuur vlakke is reg en daaglikse diarree is ook opgeklaar!!! En ek sit net met die oorspronklike simptome van IBS.

Ek het n oplossing gesoek en hom gekry!

My Vinding

Die vinding is SKOKWEKKEND en die informasie moet gedeel word met ander mense!!

Voor ek begin moet ek net die volgende vrywaring gee:

Ek is nie ‘n dokter of ‘n geregistreerde dieetkundige nie, ek eis nie dat ek enige siekte kan genees of voorsien ek nie mediese raad vir die doel van geneesing nie. Hierdie informasie is net my vinding en die toepassing daarvan op my lewe wat ek graag wil deel. Alhoewel al my vindinge deur ander doktors of navorsing gestaaf word met verwysings vat ek geen blaam vir enige iets wat met jou gebeur of kan gebeur nie en stel ek nogsteeds voor jy eers jou huis doktor gaan sien voor jy enige drastisie stappe omtrent jou gesondheid gaan neem. So met ander woorde as jy iets probeer is dit tot jou eie risiko.

“I will praise thee; for I am fearfully and wonderfully made: marvellous are thy works; and that my soul knoweth right well.” Ps 139:14 (KJV)

Eerste Probleem

Die probleem is ek het geen kennis gehad van hoe my eie spysverteerings stelsel werk nie, nie eers die basise kennis nie. Die Woord se: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” Hos 4:6 (OV) Daarom verduidelik ek kortliks hoe werk die spysvertering net tot die maag want dis baie belangrik om dit te verstaan.

Spysvertering tot maag[4]

*http://www.medicalartlibrary.com/stomach-anatomy.html

Spysvertering begin by die mond waar kos fyn gekou word en meng met speeksel om n bolus te vorm wat gesluk word en deur die slukderm beweeg na die maag. Dis baie belangrik om kos fyn te kou en stadig te eet. Die slukderm word omring deur spiere met spesifiek een aan die onderkant en een aan die bokant wat genoem word boonste en onderste sfinkters.[5] Hulle doel is om enige iets wat ingaan binne te hou en af te druk.

Die boonste sfinkter begin net onder die keel en die onderste sfinkter skei die maag van die slukderm. Die onderste sfinkter het sensors wat geaktiveer word om saam te trek sodra maagsuur (HCL) aan hom raak met n PH van tussen 1 en 2, hoe meer suur hoe stywer trek die spier saam sodat niks weer terug op in die slukderm kan gaan nie.[6] Die maagsuur binne die maag is seker die belangrikste deel van spysvertering en immuniteit binne ons liggaam – dis waar proteïne afgebreek word om vitamines en minerale vry te stel wat dan later in die derms opgeneem word.[7]

Aan die onderkant van die maag is daar n piloriese sfinkter wat eers oopmaak as die kos verteer is en die PH vlakke bietjie hoer is vir die kos om verder te beweeg na die duodenum.

(Nota: die spysvertering hou nie hier op nie, maar die res betrek nie tot my studie nie) Die hele spysvertering stelsel word beheer deur twee tipe senuwees. Die ekstrinsieke senuwees kom van die bewustelose gedeelte van die brein en rug graad. Hulle stel beide twee tipes chemie wat vry met n verskillende doel.[8]

1. Asetielcholien – Veroorsaak dat die spiere en sfinkters met meer krag kan saamtrek en stel die maag en pankreas in staat om meer vertering sap vrytestel.

2. Adrenalien – Dit doen presies die teenoorgestelde, ontspan die spiere rondom die spysvertering stelsel en onttrek bloed toevloei na die organe na ander dele van die liggaam soos spiere in arms en bene.

Hoe werk sooibrand of “GERD/reflux”

Die rede hoekom mens sooibrand kry oor vloeistof binne die maag terugbeweeg in die slukderm en die slukderm brand tot by die boonste sfinkter. So die rede hoekom die maag sap terug beweeg is oor die onderste sfinkter van die slukderm nie ordentlik toemaak nie. Die redes hoekom die onderste sfinkter nie ordentlik toe maak nie is:

Nie genoeg maagsuur in maag nie om dit te aktifeer nie.

PH van maagsuur is nie laag genoeg nie, moet tussen 1 en 2 wees.

“Helicobacter pylori” bakteriese oor groeisel in maag wat PH vlakke opstoot vir oorlewing.[9]

Daar is iets verkeerd met die onderste sfinkter soos: infeksie, skade of iets wat blokkasie veroorsaak soos n swanger vrou se baba wat daarteen druk.

So die rede hoekom daar “reflux” of sooibrand gebeur is oor die onderste sfinkter van die slukderm nie mooi toemaak nie![10]

Toets dit self: As daar weer sooibrand is drink twee tee lepels appelwyn asyn (apple cider vinigar) en wag so 1min om te kyk of die sooibrand opklaar. Dit gaan eers brand wanneer dit afgaan maar behoort dan op te klaar. PH van appelwyn asyn is omtrent 2.4 en maak die onderste sfinkter onmiddelik toe. (Moet dit nie doen as jy maagseer het nie, logies gaan jy brand…)

Dink so daaraan:

  • Wat is die primêre funksie van die hart? Dis om bloed te pomp met spiere!!
  • Wat is die primêre funksie van die maag? Dis om kos te verteer met maagsuur!!

Die probleem is die onderste sfinkters by die slukderm wat nie mooi toemaak nie maar die farmaseutiese maatskappye gee medikasie wat die maagsuur nog minder maak om die brand gevoel in die slukderm weg te vat. !!Dis baie gevaarlik!!

Die Gevaar van Maagsuur Tekort

Dr Jonathan V. Wright, MD beweer dat baie mense deesdae te “min” maagsuur het.[11] Volgens navorsing wat in die 40’tigs by John Hopkins University en Mayo Clinic[12] gedoen is skat hulle dat 30% van mense teen die ouderdom van 40 te min maagsuur het en teen 60 omtrent 70%. Nou ek weet dat hierdie syfer vandag baie hoer is en sal later verduidelik hoekom ek so se.

Simptome van maagsuur tekort[13]:

  • Opgeblaasdheid na etes
  • Sooibrand
  • Diarree of hardlywigheid
  • Onverteerde voedsel in stoelgange
  • Acne
  • Rektale jeuk
  • Haar verlies in vroue
  • chroniese candidiase
  • ystertekort
  • Swak, skil, of gekraakte naels
  • chroniese moegheid
  • adrenale moegheid
  • droë vel
  • Verskeie auto-immuun siektes
  • Osteoporosis[14]

Die spysverteeringstelsel maak 70% van die liggaam se immuniteit op, waarvan maagsuur n baie groot deel is.[15] Maagsuur tekort lei ook tot wanopname van die volgende belangrike minerale in ons kos[16]:

  • Yster
  • Vitamine B12
  • Foliensuur (Vitamin B9)
  • Aminosure
  • Calcium
  • Sink
  • Koper

Soos hierbo aangedui is maagsuur onder andere nodig vir die afbreek van proteiene wat Vitamine B12 vrystel in ons liggaam.[17] Vitamine B12 in die liggaam is nodig vir n gesonde senuwee stelsel, n tekort kan lei tot[18];

  • Depressie
  • Alzheimers
  • Animia
  • Onrustigheid (Stress)
  • Kanker
  • Miskraam
  • Geestelike mistigheid
  • Probleme met jou geheue
  • Buierigheid
  • Gebrek aan motivering
  • Gevoelens van apatie
  • Moegheid en ‘n gebrek aan energie
  • Spiersverswakheid
  • Tinteling in jou ledemate

Die volgende verlaag die vervaardiging van maagsuur:

  • Stress (Om konstante in “fight or flight mode” te wees) [19]
  • Vitamien A, B en Sink tekort [20]
  • Lae protien dieet [21]
  • Infeksie van die bakteriee H. pylori [22]
  • Lae- onverfynde sout in dieet [23]
  • En natuurlik die groot een: maagteensuur middels soos PPI’s[24]

Oorlog Sindroom

Ek noem die volgende die bose kringloop van “oorlog sindroom”:

  • Stress(fight-or-flight) lei tot minder maagsuur vervaardiging oor die adrenalien afskeidig.

  • Min maagsuur lei tot wanopname van minirale soos Vitamine B12

  • Vitamine B tekort lei tot meer onrustigheid (stress)

  • Min maagsuur lei tot bacterisie oorgroeisel, wat tot verdere maagsuur tekort lei[25]

Ons is wonderlik gemaak!! Die Here het ons liggaam so gemaak dat in tye van oorlog of wanneer jy jouself moet beskerm die liggaam adrenalien afskei sodat minder energie in spysverteering kan ingaan wat onder andere minder maagsuur produseer sodat jy reg is vir aksie met maksimum energie wanneer dit nodig is. Groot probleme kom in as mens te lank in hierdie toestand bly!

En satan weet dit en gebruik stress en vrees om Christene aanteval erger as ooit tevore in Geskiedenis.

Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Mat 24:21

My Geneesing van IBS

Ons leef vandag in n geweldige gejaag met intellegente fone, tv, internet, facebook, twitter, whatzapp, youtube, negatiwe nuus, weer voorspelligs en negatiwe ekonomisie voorspellings. Dan nog die verkeer, laat aande werk, geen oefening en ongesonde “fast foods” wat geeet word “on the go”. Christen Afrikaners word elke dag sleg gesê in media, as die groot vyand bestempel in Suid-Afrika. Christen Boere word elke dag dood gemaak rondom ons. En ons weet dat satan is totaal in beheer van die hoofstroom media.

Korrupte polisie kry voorblad in die nuus, helde in polisie kry miskien n bladsy tussen al die advertensies! Dis die laaste tye mense en dis alles gemik op jou welstand! Valse wetenskaplike teorieë kry ook voorblad toekennings soos “global warming” en voorspellings oor droogtes en vloede wat NOOIT waar word nie. Oorloe in die wereld en gerugte van oorloe, geweld en die vrees vir geweld aan jouself of ander in jou familie in Suid-Afrika.

Dis alles daaglikste dinge wat ons mense mee leef en dis baie ongesond. Ons as Christene moet HEERS oor hierdie tye en ons kan, ons hoef nie in die woel waters te bly nie vat Jesus se hand en klim uit die waters uit!!

“Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” Op 18:4

My genesing het begin waar ek die probleem verstaan. Ek het eers besluit of ek myself nog verder gaan steur aan nuus en mense wat vrees, haat en negatiwiteit saai. Ja ons leef nie in ʼn grot nie maar kyk hoeveel Suid-Afrikaanse nuus is vals. Daar sal byvoorbeeld staan “Wetenskaplikes het ontdek dat X gaan gebeur weens X.” Dis gewoonlik baie slegte voorspellings. Maar daar is geen verwysing na die “Wetenskaplikes” wat kamma so gesê het nie in die artikel nie.

Niemand bevraagteken dit ooit as die artikel se “Wetenskaplikes het bevind….”

 

Liggaam:

  • Los al my chroniese medikasie.
  • Na elke ete het ek n tee lepel “appel asyn wyn” gevat.
  • Eerstens het ek spesifiek vitamine B12 aanvullings gaan koop en die maksimum hoeveelheid op die aanwysings gevat. Net van dit het my IBS simptome opgeklaar binne drie dae.
  • Ek het “Betaine HCL with Pepsin” (maagsuur) gaan koop by n gesondheidswinkel om my maagsuur vlakke weer op te stoot. Ek het net een bottel se pille opgebruik.
  • Raak eers rustig voor ek eet, eet nie terwyl ek bestuur of werk nie.
  • Sit fone, tv, radio af voor en terwyl ete.
  • Eet stadiger, kou kos deeglik voor ek sluk.
  • Drink nie baie vloeistof soos water saam met kos nie, wag eers n uur.

Siel en Gees:

  • Glo die woord van God.
  • Hou vas aan die woorde van God meer as ooit te vore.
  • Maak tyd om jou verhouding met Jesus te versterk.
  • Kry vriende en doen gereeld saam Bybel studie en praat jou hart uit.
  • Hou vas aan die belofte skrifte soos:
    • “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” Jes 41:10
    • Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie” Ps 91:7
    • “Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.” Deu 28:6
  • As jy nog nie jou hele lewe gegee het vir Jesus nie, doen dit nou sodat hierdie beloftes oor jou van krag sal wees. Onthou almal moet dit doen op een of ander tyd in hulle lewe, al was jy jou hele lewe lank in ʼn kerk. Die Here soek nie ʼn kerk mens nie, hy soek persoonlike verhouding met jou.

 

Nog n Paar Feite

  1. Die hoof oorsaak van swak spysvertering en absorpsie van belangrike vitamiene en minerale is lae of geen maagsuur (gastriese hypochlorhydria of maag achloorhidrie) maar die probleem is meeste doktors skryf medisyne voor wat maag suur nog minder maak.[26]
  2. In America is PPI’s 15 Biljoen dollar industrie.[27]
  3. Die FDA het n waarskuwing uitgestuur dat lang termyn gebruik van PPI’s lei tot Osteoporosis en breuk van heup, pols en ruggraat,[28] het jou doktor dit vir jou gesê?
  4. Dr. Kevin Passero het die volgende te se oor PPI’s “These drugs work by irreversibly shutting down the production of acid from the specialized cells in your stomach charged with that task”[29]
  5. Kom ons sit een en een bymekaar en kyk die minerale en vitamine wat maagsuur uit ons kos haal en waarvoor dit nodig is:
    1. Sink – nodig vir regulasie van cholesterol en suiker vlakke. Dis ook nodig vir regulasie van bloeddruk.[30]
    2. Yster – nodig vir n gesonde immuniteit stelsel
    3. Koper – nodig om senuwee en bene gesond te hou
    4. Kalsium – nodig vir formasie van bene en tande, spier kontraksies en bloeddruk.
    5. Vitamin B12 en Foliensuur (Vitamin B9) – Nodig vir ordentlike brein funksie en emosionele gesondheid. Help met formasie van baba binne baarmoeder, gesonde hart, depressie, kanker, hoor verlies, visie verlies.[31]
  6. PPI Nexuim is 2’de op die lys vir top verkoper in America. Eerste is Abilify vir depressie en derde is Cymbalta vir cholesterol.[32]
Bronlys:
  1. www.psychologicalharassment.com/intro.htm‎ 
  2. http://d3tnb2mam8l2qt.cloudfront.net/sites/default/files/IS744Transcript_Stone.pdf 
  3. http://www.fda.gov/safety/medwatch/safetyinformation/safetyalertsforhumanmedicalproducts/ucm213321.htm 
  4. http://www.iffgd.org/site/gi-disorders/digestive-system 
  5. http://en.wikipedia.org/wiki/Esophagus 
  6. http://refluxdefense.com/heartburn_GERD_articles/stomach-acid.html 
  7. http://empoweredsustenance.com/heal-low-stomach-acid-naturally/ 
  8. http://biology.about.com/od/organsystems/a/aa032907a_2.htm 
  9. http://en.wikipedia.org/wiki/Helicobacter_pylori 
  10. http://healthoholics.com/blogs/you-want-more-stomach-acid-not-less-really.htm 
  11. http://www.tahomaclinicblog.com/what-really-causes-heartburn/ 
  12. http://www.jaconello.com/management-of-low-stomach-acid.html 
  13. http://bodyecology.com/articles/low_stomach_acid_symptoms.php#.UtjyJ_ZC_6A 
  14. http://www.ndhealthfacts.org/wiki/Hypochlorhydria_%28Low_Stomach_Acid%29 
  15. http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2515351/ 
  16. http://empoweredsustenance.com/heal-low-stomach-acid-naturally/ 
  17. http://www.hsph.harvard.edu/nutritionsource/b-12-deficiency/ 
  18. http://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2009/05/19/warning-potentially-life-threatening-vitamin-deficiency-affects-25-percent-of-adults.aspx 
  19. http://www.drleahmcneill.com/healthTips/09-26-07_BadDigestionLowImmune.htm 
  20. http://www.lokahiacupuncture.com/index.php/symptoms/digestion/gerd 
  21. http://www.lokahiacupuncture.com/index.php/symptoms/digestion/gerd http://www.ndhealthfacts.org/wiki/Hypochlorhydria_%28Low_Stomach_Acid%29 
  22. El-Omar EM, Oien K, El-Nujumi A et al. (1997). "Helicobacter pylori infection and chronic gastric acid hyposecretion". Gastroenterology 113 (1): 15–24. doi:10.1016/S0016-5085(97)70075-1. PMID 9207257 
  23. http://www.lokahiacupuncture.com/index.php/symptoms/digestion/gerd 
  24. http://chriskresser.com/how-your-antacid-drug-is-making-you-sick-part-a 
  25. http://www.ualberta.ca/~loewen/Medicine/GIM%20Residents%20Core%20Reading/MALNUTRITION,%20MALABSORBTION,%20ABSORBN%20TESTS/bacterial%20overgrowth.pdf 
  26. http://fsphealth.co.za/articles/intestines/a-shocking-cause-of-candida-and-why-conventional-treatments-are-making-the-problem-worse-2326.html#.UtzxIvaxWb8 
  27. http://www.refluxmd.com/connect/ask-dr-dengler/why-refluxmd-concerned-about-ppis 
  28. http://www.fda.gov/Drugs/DrugSafety/DrugSafetyPodcasts/ucm214472.htm 
  29. http://www.greenhealingnow.com/2013/07/22/a-dangerous-pill-to-swallow-part-i/ 
  30. http://www.eatbalanced.com/why-eat-balanced/why-eat-minerals.aspx#Cu 
  31. http://umm.edu/health/medical/altmed/supplement/vitamin-b9-folic-acid 
  32. http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_largest_selling_pharmaceutical_products 
 Save as PDF