God het ons mens gemaak met sekere behoeftes om aan die lewe te bly. Mens sal byvoorbeeld sterf sonder suurstof vir n paar minute, sterf sonder water vir n paar dae en sonder voedsel binne n paar weke. Die behoeftes van n mens is nie n swakheid in die Skepper se skepping nie maar die enigste manier hoe mens werklik as mens kan bestaan. Dit sal sonde wees om te dink jy het nie suurstof nodig en dan op te hou asemhaal – dit sal lei tot jou dood! Die woord sonde beteken om iets te doen wat sleg is vir jou, wat na jou dood toe sal lei.
Een van die behoeftes van menswees is liefde. God is liefde (1 Joh 4:8). Die eerste sonde van mens was om te dink dat ons nie God nodig het nie en eerder soos Hom wil wees, van die dag af het ons, onsself geskei van die Liefde en het die mens begin sterf. Satan het gesê ons sal soos God wees as ons van die vrug eet, dws ook self-liefde kan wees vir ons self – dit was n leuen! Die eerste sonde wat nog steeds by ons as mens is, is dat ons dink ons kan die EK IS wees. Ons word daagliks so gekondisioneer deur satan en hierdie wêreld om te glo ons is in staat tot sekere EK IS funksies dat die bybel soms n raaisel word wat ons juis nie ten volle verstaan oor hierdie eie EK wat in die pad staan van die Liefde van Jesus, wat ons nodig het soos water!
Kom ek verduidelik gou wat ek bedoel met een van die bekendste verse in die Bybel mag dit vir jou ook n WoW oomblik wees soos vir my!
“AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde[1] nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie afgunstig[2] nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” 1Kor13:1-7 OV
Let op vers een “en ek het nie die liefde nie” dit beken tog hierdie gaan nie oor wat ek doen of is nie maar oor LIEFDE die EK IS wat ons moet hê. “Die liefde is lankmoedig…..” hierdie vers beskryf weereens nie wat ons moet wees nie maar hierdie vers beskryf vir JESUS – die “missing link” in ons menswees lewe. Nou vir die WoW oomblik verander al die woorde “liefde” in die hele teks bo na “Jesus” in jou gedagtes en lees weer. Want onthou JESUS IS LIEFDE.(1 Joh 4:8)
Dis hoe persoonlik Jesus is!! Jesus is nie n energie of daar ver weg of net n God wat ja en nee sê nie dis n persoonlike Jesus, dis iemand wat mens nodig het, dis iemand persoonlik om n liefdes verhouding mee te hê. Jy hoef nie net deur gebed met Jesus te praat nie, jy kan net met Hom praat en Hy sal luister. Hy is altyd by ons en sal ons nooit alleen los nie. Ware bekering gebeur as jy besef jy kan nie sonder Jesus nie, Hom vra om jou te kom vul en jou ou-self aftelê en dan vir die wêreld te wys wat gebeur het deur die onderdompeling doop van n gelowige.
Jesus is en daarom is ek.