Wie is Lucky?
Opgedateer 5 Maart 2012
Artikel deur: Corne Heesakkers
Inleiding
Wie is Lucky? Die vraag kan twee maniere verstaan word, die eerste is; “wie het geluk?” en die tweede kan verwys na ʼn persoon met die naam lucky. Almal van ons het op een of ander stadium die woord gebruik as ʼn groot tragedie ons gemis het of groot seën ons tref, dan sê ons; “ek was nou lucky!”. My vraag is; was ons regtig lucky of is daar meer aan die gang? As lucky die eer kry vir dit wat sopas in jou lewe gebeur moet ons ten minste probeer uitvind wie hierdie lucky is en waar kom die woord vandaan?
- Alle vetgedrukte woorde is my klem.
Wie is Lucky?
Volgens thefreedictionary.com beteken die woord “having or attended by good luck, Occurring by chance..”[1] Gebeur per toeval, net soos die onbybelse evolusie teorie[2] wat vertel als rondom jou het per ongeluk ontstaan en daar was geen God betrokke nie. Maar dit se nog steeds nie vir ons waar kom die woord vandaan nie. Die woord lucky en luck kom nie een keer voor in die KJV Bybel nie:
So as die woorde luck en lucky nie een keer gebruik word in die suiwerste Engelse vertaling van die Bybel wat ons het nie, waar kom dit dan vandaan? Volgens die “Online etymology dictionary” het die woord lucky ontstaan in die 15’de eeu van die woord luck[3]. Een van die sinonieme van die woord lucky is fortunate wat oorspronklik kom van die Griekse woord fortuna wat die geluksgodin was in die Romeinse tyd. Fortuna is presies die selfde as die Griekse godin tyche[4]. Tyche beteken letterlik “luck”[5] in Grieks! Nou het ons dit! Volgens die Griekse man Polybius, glo hy dat alle onverklaarbare gebeurtenisse soos droogtes, vloede en ryp toegeskryf word aan Tyche[6]. Sien onder beeld van die afgod Tyche van Antioch en let op die kroon op haar kop met die punte:
In die Babiloniese kultuur was die geluksgodin se volle naam, Tyche Nikephoros.[7] Sommige van die muntstukke in Antiochus IV se tyd wat die gestalte van Tyche daarop gehad het was in Babilon gemaak.[8] Sien voorbeeld van ʼn munt met die geluksgodin op[9]:
En soos almal van ons weet het Babilon begin net na die groot vloed met die bou van die toring van Baal (OV/KJV Gen 11:1-4) deur onder andere Nimrod wat volgens (OV/KJV Gen 10:8-10) ʼn geweldenaar was voor die aangesig van die HERE. Dit is ook daar in Babilon waar satan sy godsdiens weer gevestig het wat op een of ander manier alle wêreld ryke, godsdiens, taal, musiek, media en enige iets wat ons kan beïnvloed, beïnvloed. Op 17:5, “..Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.” As jy belangstel om meer te leer van Babilon stel ek die volgende artikel van Philip du Toit[10] voor.
Hoe bedryf die geluksgodin haar dinge?
Tyche is luck en die fabel van haar kom van Babilon af. In die volgende prent sien ons hoe die geluksgodin die “wheel of fortune” wat aan haar behoort[11] draai en mense wat rondom haar staan, bid en smeek sodat geluk in hulle guns sal kom;
Die liedjie wat meeste van ons ken, “Wheel of fortune” van Ace of Base geskryf deur Buddha en Joker[12] beskryf die prent eintlik baie goed en laat mens nogal dink:
Dis kommerwekkend dat baie van ons, soos uitgebeeld word op die prent, ons hoop onwetend op geluk sit eerder as op God. En ons doen dit hoofsaaklik op twee maniere:
- 1. Wanneer ons geluk die prys gee sodra dinge volgens ons reg loop.
- 2. Wanneer ons vir iemand “Good Luck” toewens.
Ons generasie is so erg dat sommige Bybel vertalers nie kon skroom om die woord lucky in die Bybel te druk nie. Die volgende vers verskyn in die NLT vertaling van die Bybel: Pro 17:8 “A bribe is like a lucky charm; whoever gives one will prosper!” Kan jy dit glo? So volgens die NLT vertaling sal jy voorspoedig wees as jy iemand omkoop! Dis op hierdie punt dat ek besef daar is iets agter hierdie woord lucky en dis nie van God nie!
Volgens ʼn tweetalige skoolwoordeboek het die woord gelukkig basies drie Engelse sinonieme, happy, fortunate en lucky. Geluk het sewe naamlik; bliss, felicity, happiness, joy, fortune, luck, success[13]. So in Afrikaans is dit nie verkeerd om die twee woorde te gebruik nie, maar daar moet fyn onderskei word tussen die kontekste waar die woord gebruik word. Die twee woorde kom gesamentlik 64 keer voor in die 1953 Ou Afrikaanse vertaling. Hier is twee van klomp verse wat nie reg lyk nie, oordeel maar self: Deuteronomium 33:23 “En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE — neem jy see en suidland in besit!” En die KJV het hom: “And of Naphtali he said, O Naphtali, satisfied with favour, and full with the blessing of the LORD: possess thou the west and the south.” Volgens die woordeboek vertaal favour in hierdie konteks na guns[14]nie na geluk nie! Nog ʼn vers; (OV)JOB 5:4 “Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.” En in KJV: “His children are far from safety, and they are crushed in the gate, neither [is there] any to deliver [them].” Safety is veiligheid[15] dan nie? Die Nederlandse Delftse Bijbel (1477) het ʼn baie mooi woord in hierdie vers gebruik vir vrede: salicheden[16] wat saligheid is in Afrikaans.
Die eer word so gesteel!
Satan maak so fabel van geluk op oor hy soos God wil wees en die eer steel; (OV)Jes 14:13-14 “En jy[Lucifer] het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!”
Die waarheid is, als kom van God af! God seën ons almal tot die dwase en oortreders; (KJV)Pro 26:10 “The great [God] that formed all [things] both rewardeth the fool, and rewardeth transgressors.“ God besluit tot die uitkoms van ʼn lotery; (OV)Spr 16:33 “In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.” Die geluksgodin bestaan nie regtig nie, daar is buiten God geen ander God nie! (OV)Jes 45:5-7 “Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.” Jy sien satan steel die eer by ons van dit wat God moet toekom!
Wonderwerke
Wonder jy nie ook soms waar is al die wonderwerke deesdae heen nie? Is dit nie dalk dat die mensdom vandag op so punt is dat niks meer as ʼn wonderwerk gesien kan word nie? Enige iets kan mos per ongeluk gebeur!? Dink daaraan, gisteraand op Carte Blanche[17] was daar ʼn vrou wat 4 keer deur haar skoonseun geskiet is en nog steeds oorleef het! En haar woorde was: “God, Im not going to die tonight”. Dis ʼn wonderwerk en tog so maklik om te dink sy was net gelukkig dat die skote nie haar lewensbelangrike organe getref het nie! Dink daaraan, daar gebeur eintlik soveel wonderwerke rondom ons wat meeste van ons net aanvaar as iets wat ewekansig gebeur.
Wat nou?
Bekeer – gee alle eer aan God van nou af! Let op wat jy vir ander mense sê! Onthou eendag gaan ons moet rekenskap gee vir elke woord wat uit ons mond gekom het. Mat 12:36-37 “Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.”
Sien die wonderwerke, seën en saligheid van God in jou eie lewe raak, moet nie al die eer aan “luck” gee nie! My gebed is dat die geestelike blinddoek van Babilon voor jou oë verwyder word om GOD raak te sien in jou elke dag lewe!
Ek dank die Heilige Gees vir die insig om hierdie artikel te kon skryf.
Bibliografie:
- 1. Afrikaanse OV 1953/33 (OV)
- 2. King James Version (KJV)
- 3. Nederlandse Delftse Bijbel (1477)
2http://en.wikipedia.org/wiki/Evolution
[3] http://www.etymonline.com/index.php?allowed_in_frame=0&search=lucky&searchmode=none
[5] http://en.wikipedia.org/wiki/Tyche
[6] Polybius. The Rise Of The Roman Empire, Page 29, Penguin, 1979.
[7] Yale classical studies, Volume 3, SELEUCID BABYLONIA, bl. 39
[8] Yale classical studies, Volume 3, SELEUCID BABYLONIA, bl. 39
[9] Syria, Seleukis and Pieria, Antioch AR Drachm. Year 3 = 47 BC. Turreted, draped and veiled bust of Tyche right / ANTIOCEWN THS MHTROPOLEWS right, KAI AYTONOMOY left, Tyche standing left, holding rudder in right hand, cornucopiae in left; G in ex. Not in standard catalogs. cf Mionnet 5, 64-65 (AE). www.wildwinds.com/coins/greece/syria/antioch/i.html
[11] http://en.wikipedia.org/wiki/The_Wheel_of_Fortune
[12] http://www.songmeanings.net/songs/view/17451/
[13] 12de uitgawe van die Pharos tweetalige skoolwoordeboek, Afrikaans – Engels bl. 92
[14] 12de uitgawe van die Pharos tweetalige skoolwoordeboek, Afrikaans – Engels bl. 492
[15] 12de uitgawe van die Pharos tweetalige skoolwoordeboek, Afrikaans – Engels bl.647
[16] http://www.bijbelsdigitaal.nl/view.php?bible=db1477&page=870&sub=2&layout=2
[17] http://beta.mnet.co.za/carteblanche/Article.aspx?Id=4496&ShowId=1
Comments
One response to “Wie is Lucky?”
Dit was baie interesant! Ek het altyd gedink, dit is dalk nie lekker om “good luck” te wens nie omdat God in beheer is. Maar om nou te lees dat dit selfs van heidense bronne afkom… nee man! Nou sal ek altyd 2x nadink voordat ek die woord gebruik… Mooie artikel, dankie!