Regverdigheid

Die lewe voel soms so onregverdig, as jy die Bybel lees sien ons hoe die mense van die ou verbond rondgeslaap, ander gedood, owerspel gepleeg, bedrieg, leuens noem dit maar op. Dan het God nog daardie mense gekies om sy Woord uit te dra op aarde! Hoekom kan Moses iemand dood slaan en dan gebruik die Here hom om die Israeliete uit Egipte lei?  En aan die ander kant sien ons hoe God die duiwel loslaat op die enigste “goeie” man van sy tyd, Job? En dan weer vir Noag; hy was goed en God het hom gespaar?

Regverdigheid is een van die moeilikste dinge waarmee so baie christene sukkel daarom moes ek self eers goeie Bybel studie en ander se materiaal lees om die volgende vir julle te kan gee. Sommige van my tekste is in Engels oor die afrikaanse vertalers soms nie mooi verstaan het hoekom dit so staan nie en dan vertaal hulle dit om by hulle persepsie van God te pas. Alle tekste kom uit die KJV of die Afrikaanse OV. Geniet dit en mag dit vir jou soos vir my –  ʼn openbaring wees!

Bietjie van wie God is:

| God = Jesus = Heilige Gees | 1 Joh 5:7

Ek kan nie in woorde beskryf hoe groot GOD is nie, daar is nie genoeg skryf materiaal op hierdie aarde van ons nie, ons taal is ook nie gevorderd genoeg nie en dis grootliks vir my onverstaanbaar, maar ek sal kortliks probeer uit die woord van God vir die doel van die artikel:

Openbaring 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was
en  wat kom, die Almagtige.
(Jesus wat praat met Johannes)

God is Almagtig! (Alomteenwoordig, alomkragtig , alomwysheid) God het alles gemaak nie net wat jy sien nie, maar tyd en ruimte ook (Gen1:1)!  God hou ook als bymekaar – dink aan materie(Kol1:17), sonder God is NIKS moontlik nie.

Die volgende teks vergelyk God sy weë en gedagtes met ons sin deur sy profeet Jesaja :

Jes. 55:9   Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

Tot vandag toe kon ons slim wetenskaplikes nog nie die einde van die hemel daar buite meet nie, hulle raai maar net…. so kom ons lees daardie vers net weer en dink daaroor:

Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

Nou dat julle ʼn baie klein idee het oor wie God is, is die beste om te weet:

Pro 9:10 The fear of the LORD [is] the beginning of wisdom: and the knowledge of the holy [is] understanding.

Die vrees van God is die begin van wysheid!

 

God en Mens?

Pro 26:10   The great [God] that formed all [things] both rewardeth the fool, and rewardeth transgressors.

Vertaal in Afrikaans se daai vers: “Die almagtige God wat alles gemaak het, beloon beide die dwaas en die oortreders.”

God sorg vir die dwase en so ook vir die oortreders, dit klink so verkeerd maar eintlik is dit nie, want wie is die dwase en oortreders? Dis die mens, ek en jy!! Want daar staan: Rom 3:10  “…Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.” Die eerste probleem wat ons het is dat ons, onsself altyd regverdig en distansieer van ander sondaars.

Dink maar aan die vrou wat die skrifgeleerdes en Fariseërs  vir Jesus gebring het wat met egbreuk betrap was, om vir Jesus se vra wat Hy daarvan sê.(Joh8:3) Jesus het net rustig geraak en gesê wie nie sonde het nie, kan eerste ʼn klip optel om haar te stenig. Jesus het haar sonde gesien in die selfde lig as die “regverdige” fariseërs se sonde. Toe almal geloop het sê Jesus vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

Ons distansieer, ons self van die “fariseërs” as ons die gedeelte lees!! Want jy sien die duiwel wil hê jy moet dink jy is regverdig. Kom ons kyk hoe regverdig is ons; daar is deesdae so baie rooftogte in Suid Afrika, alles van waarde word gesteel en jy moet net stil lê anders word jy geskiet, terug by die huis sit ons met “gecopied” films of gigs vol musiek waarvoor ons niks betaal het nie….. STEEL bly Steel, maak nie saak op watse manier jy dit doen nie. Dink maar net hoeveel van die Suid Afrikaners was 17 jaar terug nog so rassisties en vol haat teenoor mense met ʼn ander vel kleur.  Jesus het gesê as jy ʼn ander mens haat pleeg jy MOORD1 Joh 3:15 Elkeen wat sy broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Sommige mense is ook getroud en masturbeer alleen terwyl aan ander vrouens dink, of kyk pornografie –  kyk wat se Jesus daaroor: Mat 5:28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar EGBREUK gepleeg het.

Jesus het so erg oor die saak gevoel dat mens hulself heeltyd regverdig in sy kop dat hy vir die mense gese het:  Mat 23:27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes (hypocrites!), want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.

Vers 33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

Ons is almal sondaars, maar die wat dink hulle is regverdig, sondig verder:

1 Joh 1:8 AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

Om nog sout op die wond te smeer, maak God se goedheid, liefde en geduld vir ons dat sommige voordeel daardeur trek en die vrees van God verloor!!(Rom 2:4). Kyk maar na die begin, God het alles gemaak vir ons, ons in die tuin van eden gesit om als te geniet met net een reël moet nie van die boom se vrug van ‘kennis van goed en kwaad’ eet nie. Want die een na wie jy luister, hy is jou Heer!

(Sien as ʼn ma vir haar kind se moet nie jou vinger in die kragprop druk nie, se sy dit nie om lelik te wees nie maar oor sy vir hom lief is en weet hy gaan seer kry! As hy groter is sal hy weet waarvoor gebruik mens dit en kan dit vir die regte doeleindes gebruik op die regte manier.)

Daardie boom was daar vir ʼn baie goeie rede en ons sal nooit weet hoekom nie, oor ons gekies het om nie na God te luister nie maar na die wereld se nuwe baas – satan….

Ons was oorwin deur die satan met sy leuens… “want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword.”  2Pet2:19 Van daai dag af +/- 6000 jaar terug, het ons ʼn slaaf van sonde geword. ʼn beter woord sal seker “verslaaf” aan sonde wees.

So die eindpunt is, God is regverdig ons kan glad nie wees…..sonder Jesus nie.

1 Joh 1:9;

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

 

Regverdigheid:

Daar was ʼn wonderlike profesie van God oor die mens net na die sondeval:

Gen3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.

Uit die vrou se saad was Jesus jare later gebore, wat satan se kop vermorsel het deur die mens die geskenk van vergifnis te gee sodat ons nie meer deur die kettings van sonde (verslawing) vasgehou word nie, maar onder genade val. En soos jy verder lees byt die satan ons nog steeds deur vir ons giftige leuens te vertel wat lei tot verslawing!

God is lief vir die mens en baie geduldig met ons want hy wil nie hê dat enige persoon verlore moet gaan nie maar dat almal tot bekering in Hom moet kom. Geen menslike regverdigheid kan jou in die hemel bring nie, net God se regverdigheid kan.

Job het vir God gesê: “God is onregverdig”, oor hy deur al die slegte goed moes gaan en het niks gedoen om dit te verdien nie….volgens hom! Toe antwoord God hom op die einde, hoe kan jy oordeel wat regverdig is, is jy dalk God?

Maar om dit te verstaan moet ons eers hierdie verstaan:

God het aarde toe gekom as perfekte mens (Jesus) wat gekruisig is en gesterf het, drie dae later opgestaan het uit die dood en al ons sondes vergewe. Al wat jy moet doen is besef jy is n sondaar(Bekeer) en glo dat Jesus die seun van God is en vir ons sondes gesterf het om hierdie geskenk van vergifnis te kry sodat jy ʼn nuwe mens kan word.

Hoe regverdig was dit vir God om sy seun aarde toe te stuur om vir ander mense se sonde te sterf en Hy self niks sonde gedoen nie?

Snaaks dat as mens daaraan dink dan is dit maklik om te se, ja dis regverdig! Maar dis nie regverdig as God slegte dinge laat gebeur met “goeie” mense nie? Weet jy God laat goeie goed gebeur met slegte mense? – ons! Ons is vergeef  sodat ons nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe sal verkry.

Jy sien as ons deur  ʼn menslike regverdigheid bril kyk, gaan jy nooit begin verstaan hoe God se regverdigheid werk nie. Haal die bril af!!!!! God soek n intieme verhouding met jou, leer eerder by God en vergeef daai persoon wat teen jou gesondig het. Breek die kettings van onvergewensgesindheid sodat God jou ook kan vergewe en gesond maak. Ons ken nie God se regverdigheid nie, dis ver bo ons denkwyse. Maar onthou net altyd, maak nie saak wat gebeur nie, alles werk ten goede mee vir sy kinders al verstaan ons dit nie altyd nie.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.  Job 1:21 …Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

Na die Here vir Job vertel het wie HY is na Job vir die Here gesê het Hy is onregverdig, toe het daar bekering in Job se hart plaas gevind en Job het die HERE geantwoord en gesê:

Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

Daarom herroep ek en het berou in stof en as…….

My gebed:

Jesus, ek wou geensins U naam verklein deur hierdie artikel
te skryf nie, ek het net in die bes van my vermoë aan die leser probeer
verduidelik dat U almagtig is en dat daar geen gelyke is aan U nie. Ek loof en
prys U vir altyd, vir alles wat U is en alles wat U al gedoen het. Baie dankie
vir U genade en nimmereindige liefde vir ons sondaar mense. Maak ook die leser
se hart sag, sodat sy oë sal oopgaan vir die waarheid!

As hierdie woorde deur gedring het tot jou siel, lees BEKEER NOU en gee jou hart vir Jesus. Maak nie saak watse kerk jy is of watse dinge die kerk jou al laat doen het nie, dis jou keuse.

Liefde,

Corne

 Save as PDF