Joernaal: 21 dae water vas

Datum:

Vas begin 17-Sep-2014 tot 7-Oct-2014

Wat die vas behels:

Drink net water. (Geen kos of enige ander vloeistof net water!!) Die rede hoekom ek hierdie neerskryf is oor daar nie veel op die internet is oor christene wat (net!) water vas doen nie en hoe hulle dit beleef. Baie mense ingeslote myself is bang vir die idee om 21 dae lank sonder kos te gaan en dis ook n rede hoekom ek dit neerskryf vir bemoediging vir ander – amper soos n getuienis. Ek het self nog nooit n 21 dae water vas gedoen nie, het wel al n Daniel’s vas gedoen vir 21 dae.

Ek gaan ook aangaan met my lewe en werk soos normaal deur die hele tyd. Al wat ek gaan los in hierdie tyd is oefen. Wat in die liggaam gebeur as mens vas is na omtrent 3 dae begin die lewer klein molekules vrylaat wat ketone genoem word, hierdie ketone breek die vet af in jou liggaam en dan gebruik jou liggaam dit vir energie. Hierdie prosess word ketose genoem.  Wanneer jou liggaam in hierdie ketose “state” is, word mens nie honger nie.

Vas tema:

Jesaja 58

Hoekom vas:

1. Genesing van my gees, siel en liggaam.

2. My Huwelik

3. My Kinders

Voorbereiding:

Vir twee dae voor die vas begin doen ek eers n detox. Wat die detox behels is om alle kaffiene, junk food, onferfynde suiker, gas koeldrank, brood, botter, kaas uittesny en sommige maaltye met vrugte en groente te vervang. En ook baie water drink.

Begin

Detox dag 1 (15-Sep-2014)

Vir ontbyt het ek n piesang, rooibos tee en glas water gehad. My kopseer het by 9am begin en net erger geraak soos die dag aangaan, ek het oor lunch in my kar gaan le kon nie meer lekker dink met die erge kopseer nie. Het om 4pm huis toe gegaan om te le kan nie meer werk met die kopseer nie, kopseer is so erg ek voel naar.

Detox dag 2 (16-Sep-2014)

Wakker geword met geen kopseer, maar n ligte pyn by my niere. Verder voel ek goed en lus vir die lewe! Eerste “hindernis” is al na my kant toe gegooi, my swaar wat in Namibia woon en ek lank terug gesien het moet dringent vir besigheid Johannesburg toe kom vandag en slaap oor by ons. Soos julle weet met ons Afrikaners gaan dit gepaard met n lekker braai of eet uit. Het gedink om die vas met n dag uittestel, maar daar gaan heeltyd dinge voorkom! “Daar gaan nooit n regte tyd wees om te vas nie en daarom gaan van uitstel afstel kom”

Water vas dag 1 (17-Sep-2014)

Voel positief vandag, niere het nogsteeds n ligte pyn.

Die idee dat hierdie vas eintlik nutteloos is en dat ek nie hoef te vas nie het oor my gedagtes gekom vandag. Sulke gedagtes motiveer my net meer om nie optehou met die vas nie! Prys die HERE!

Water vas dag 2 (18-Sep-2014)

Voel goed vandag, niere voel nogsteeds bietjie seer en raak eintlik meer seer deur die loop van die dag – maar glad nie te erg nie. Het lus geraak vir “grape” suigstokkie oor my dogter een geeet het, maar nog glad nie honger nie. Het nog energie voel ook goed.

Daar was iets af met die vark kaas worsies wat die mense gisteraand geeet het, my ma, kind en swaar se maag was nie lekker vandag nie, my kind het tot gebraak. Wys my net weer as ek die vas uitgestel het sou ek met n loop maag gesit het en dit net weer uitstel…..so bly ek het nie! PRYS DIE HERE!

Water vas dag 3 (19-Sep-2014)

Het nie goed geslaap gisteraand, nie oor die vas nie maar oor ons baba wat nie ophou hoes en dan huil nie. Verder voel ek goed vandag, my niere voel ook nie meer seer vandag nie. Dis nou 10:46 en ek voel lus om iets te eet. Sal Woord eet. 🙂

“We are all sinners and fall short of the glory of God” Rom 3:23

En Godsdiens vertel vir ons; “we are all sinners but some worse than others” – uit satan se mond.

Van alles wat ek nou al gelees het is dag 7 blykbaar n groot sielkundige aanval en baie mense trek kop daar uit, eks nogal opgewonde om te sien wat voorle vir my in daardie tyd.

Water vas dag 4 (20-Sep-2014)

Voel vandag weer goed, raak soms duislig as ek vinnig opstaan. Het vandag gewonder of ek al ooit regtig honger was in my lewe, ek kom agter ek het altyd gese eks honger maar eintlik was ek net lus. Raak nou ook so nou en dan lus maar is nie honger nie.

Water vas dag 5 (21-Sep-2014)

Was vandag by n inseening, dit was glad nie lekker om al die lekker kos te sien en ruik nie! Verder voel ek goed en ek het nog energie, soms voel ek my hart klop. Kan eintlik nie glo 5 dae is al verby nie. Het vandag ook n stoelgang gehad wat nogal vreemd is veral oor ek 5 dae terug geeet het, was baie donker amper swart.

Water vas dag 6 (22-Sep-2014)

Het gisteraand vir die eerste keer van my vas begin het lekker geslaap sonder om wakker gemaak te word deur die kinders, voel uitgelaap en goed vandag. Alhoewel ek se, ek voel goed elke dag beteken nie dat dit nie lekker is nie! Vanoggend het my mond baie sleg geproe, toe ek dit uitspoel met water en uitspoeg was dit so bruin, het dit n paar keer gedoen voor die water nie meer bruin is nie, my mangels was ook bietjie seer vanoggend.  Dis blykbaar gifstowe wat in die mond uitgeskei word en ek vermoed die mangels word dan daardeur aangetas oor die mangels n baie belangrike doel het om die liggaam immune te hou van gifstowe. Ek het nou so 6 jaar terug opgehou rook en ek vermoed van die vuilgeid in my mond is my liggaam wat dit nou uitskei.

Ek vermoed ook die blinde derm en mangels werk hard in tye van watervas om seker te maak die liggaam vergiftig homself nie – sal graag wil weet of dit so is.

DAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?

En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.

Ek kom nou vir die eerste keer agter daar staan “dan sal hulle vas” die hulle is ons vir die wat nie weet nie.

 Water vas dag 7 (23-Sep-2014)

My lus vir kos is nou omtrent heel weg, my mond het ook nie meer vanoggend so sleg geproe soos gister nie. My liggaam voel goed, maar my siel is onrustig weet nie presies hoekom nie.

“En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.” – Luk 9:62

Water vas dag 8 (24-Sep-2014)

Vandag was nationale braai dag in Suid-Afrika, ek het heeltyd die reuk van braai gekry. Het gedink om vandag vir Suid-Afrika te vas, vir vrede en n drastiese verandering terug na die vrees van God. Het vandag nog n stoelgang gehad maar hierdie keer was dit pikswart en ook snaaks geruik – het bietjie gaan soek en dit is blykbaar heel normaal en deel van al die gemors wat uitkom. Verder voel ek nogsteeds heel normaal, al wat “anders” is, is as ek vinnig opstaan raak ek duislig. Ek het regtig nie gedink ek sal so normaal voel deur die vas nie. Die Heilige Gees is ook besig met my.

Water vas dag 9 (25-Sep-2014)

My liggaam voel weereens goed vandag, geen verandering. Ek dink ek verstaan hoekom mense ophou baie skryf in hierdie tyd van hulle vas want liggaamlik gebeur daar nie veel nie – ALHOEWEL die Here hard met my werk, met my persoonlikheid (siel).

Water vas dag 10 (26-Sep-2014)

Voel vandag weer goed. Ek eet kougom vir my asem maar dit maak my eintlik baie naar so ek sal moet dink wat ek kan doen in die vervolg. Het al n totaal van 7Kg verloor en ek kan voel my broeke sit baie los om my lyf. Het vandag “weer!” n stoelgang gehad, hierdie keer was dit meer bruin en baie waterig – kan nie glo dat daar soveel gemors binne my is nie! Ons het vandag ons “mid-year” braai gehad by die werk, ek moes dit afkeer en eerder werk.

Water vas dag 11 (27-Sep-2014)

Was vandag baie lus vir “junk” food, weet nie regtig hoekom nie. Hieride is my halfpad merk – PRYS DIE HERE!

Water vas dag 12 (28-Sep-2014)

Het vanoggend weer n stoelgang gehad, was weereens baie donker en waterig. Een van die redes hoekom ek vas is vir geneesing van my IBS, so miskien het hierdie stoelgange daarmee te doen. Kan nie dink daar is so baie vuilgeid daar binne nie!! Het nogsteeds energie, voel goed en lus vir die lewe. Ek sal definitief water vas aanraai vir enige iemand, dis regtig nie moeilik nie – dis net die idee van niks eet wat baie vreemd is.

Water vas dag 13 (29-Sep-2014)

Het meer energie as voorheen, kry n heeltyd n gevoel van ek het bereik wat ek moes bereik ek kan maar ophou! Ek skud net my kop! My suster wat ek ook lank terug gesien het kom ook kuier hierdie week, ek is so bly. Net jammer ek kan nie saam eet nie. Maar ek sal deur druk, amper klaar met my eerste twee weke!

Nou dat ek daaraan dink, my dag 7 tot 10 was toe nie te erg nie, als het maar baie normaal gevoel. So ek weet nou die aanval verskil maar van mens tot mens – ek vermoed my aanval is vandag net voor die einde van die twee weke, sodat ek daar moet stop. Ek moes dit eintlik geweet het, want voor die vas het n paar mense vir my gese doen eerder net twee weke. As dit so is glo ek my deurbraak gaan kom in die laaste week!

“As jy van jou verwyder…….die uitsteek van die vinger….” Jes 58:9 (ook in gedagtes)

Water vas dag 14 (30-Sep-2014)

Eks vandag by die twee weke merk, kan weereens nie glo ek het 14 dae terug geeet nie! Voel amper soos n droom! Het ook besluit om definitief my eetgewoontes te verander as ek nou klaar gevas het.

Water vas dag 15 (1-Oct-2014)

Geen verandering vandag.

Water vas dag 16 (2-Oct-2014)

Is vandag nogal moeg, was weer vroeg wakker van baba wat my wakker gehoes het. Is nogsteeds nie honger nie. Ek verstaan nou hierdie gedeelte baie beter – “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.” – Mat 4

Oor ketosis word mens nie honger terwyl gevas word nie, maar sodra die vet store in die liggaam opgebruik is, dan word mens regtig honger en dis eintlik dan baie gevaarlik. Die duiwel het nie vir Jesus versoek om klippe in brood te verander terwyl die vas aan die gang was nie maar toe dit klaar was!! En ek glo ook dat hierdie honger waarvan die Bybel ons vertel was n ware honger na al die vet store opgebruik was.

Water vas dag 17 (3-Oct-2014)

Het vandag weer goed gevoel en het energie gehad. Het nogal gedink deesdae hoor mens so baie christene se jy moet nie vas om gewig te verloor nie?! Maar my vraag is wie het die reel gemaak? Om regitg oorgewig te wees is tog sonde want mens kyk nie na jou liggaam nie, en dis ongesond. As jy sterf aan een of ander siekte wat gekoppel is aan oorgewig wees kan dit sleg wees vir die mense rondom jou! “…dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” Joh 13:34

Jes 58:6 Praat ook van “dat julle afhaal die stroppe van die juk” dit kan *ook gesien word as oorgewig. Engels wys hom so: “to undo the heavy burdens”.  So ek dink nie mens moet “gewig verloor” heel uit vas haal oor n paar mense so se nie, ek dink dis ook baie belangrik en goed vir die mens. Sal graag iemand anders die opinie ook wil hoor.

Water vas dag 18 (4-Oct-2014)

Vandag weer goed gegaan, was gisteraand vriendelik gevra dat ek moet saam gaan uiteet met my suster, was nie so erg soos ek gedink het nie, al wat sleg was is die feit dat ek nie kon deel in die geselligheid om saam te eet nie.

Water vas dag 19 (5-Oct-2014)

Was vandag n verjaarsdag partytjie by een van my vriende wat ek baie lank terug gesien het, niemad kon glo ek drink so lank al net water nie, dis nie iets baie algemeen deesdae. Die braaivleis en koek het baie lekker gelyk. PS: As jy mense baie lank terug gesien het en jy wil hulle graag weer sien, doen n water vas! 🙂 Nog twee dae oor.

Water vas dag 20 (6-Oct-2014)

Vandag word ek geslaan met n verkoue! My neus loop, ek nies heeltyd, my oe voel so opgeswel en my keel ook so bietjie seer. Was maar vandag eerder huis toe om bietjie te herstel in die bed. Gelukkig weet ek dat vas een van die beste medesyne is vir n verkoue en met Jesus binne my weet ek hierdie gaan sommer vinnig verby wees!

Water vas dag 21 (7-Oct-2014)

Laaste dag! Ek prys maar net vir Jesus dat ek dit kon doen en deurmaak. Ek het so baie geleer oor die voordele van vas op die liggaam en eintlik baie introspeksie op myself ook. Voel vandag beter as gister, verkoue is definitief besig om weg te gaan. Sien uit om weer te begin eet, maar sal ook versigtig wees met wat ek eet en hoeveel vorentoe!

God is goed, altyd goed!

 Vas breek dag 1 (8-Oct-2014)

Het vanoggend n wortel, appel en n piesang versap met water en ys vir ontbyt. Een klein koppie gehad vir ontbyt en weer n koppie so 10vm. Dis nou 11:15vm en ek is verskriklik moeg! Ek sukkel om my oe ooptehou, ek kan nie glo hoeveel energie dit nou vat nie. Vir middag ete het ek lentil sop en vir aand ete groente sop en halwe sny brood.

n paar tips: 

  1. Moet nie kougom kou terwyl vas nie, die kougoum skei baie ongesonde goed af wat meng met speeksel en in die maag opeindig. Kry eerder n klein bottel mondspoel en spoel mond uit wanneer nodig is.
  2. Sit elke dag n sekere stilte tyd opsy vir Jesus en jy.
  3. Die duiwel val mens baie aan terwyl en na jy vas sodat deurbraak kamma nie gebeur nie, die ding is die deurbraak gebeur al maak die duiwel ook wat – maar hy probeer mens flous(lieg) dat jy dink deurbraak gebeur nie, maar dit het.
  4. Spreek elke dag lewe hardop in jou kar of waar ookal. bv: Suid-Afrika het n helder toekoms. Jesus is baie lief vir my.
  5. Jesus is lief vir die armes, gee die kos wat jy sou eet aan honger mense langs die straat, of kry mooi klere wat jy nie meer gaan dra nie en ry met dit rond as jy iemand sien sal Heilige Gees jou lei om dit te gee! NB: Maak tyd daarvoor, hier is waar deurbraak gebeur – satan sal sy beste probeer om jou so besig te hou met snert dat jy nie daarby uitkom nie. Ek het self nie eens genoeg daarby uitgekom nie – maar toe ek het, het dit gevoel of daar n ruk in die geestes wereld kom! Onthou dis anders as om geld te gee of net n skenking te maak aan n charity – hierdie is persoonlik een op een.
 Save as PDF

Comments

7 responses to “Joernaal: 21 dae water vas”

  1. St...... Avatar
    St……

    Goeie dag.
    Baie dankie vir jou lees stuk, ek en my man is besig met ‘n Daniel vas vir 40 dae ons is nou by dag 10, maar nou begin ons stryery.
    My man se volgens 1 kor 7 mag liefde maak net weerhou word met weerdersydse ooreenstemming vir ‘n bepaalde tyd, maar dit is nie ‘n gebod.

    Kan ek jou vra oor die onderwerp, ek voel terwys ons vas moet ons dit weerhou, maar as ons stry, help die vas mos nie, wat stel jy voor.
    Groete.
    St……

    1. admin Avatar
      admin

      Hi St…,

      Dankie vir die vraag! Dit is nogal iets om oor te dink veral as dit by vas-tyd kom! My persoonlike antwoord is soos volg:

      Jou man is reg! Julle moes voor die vas saam besluit het wat julle gaan doen en nie doen nie. Maar dis presies hoe die duiwel werk – hy het gesien julle perongeluk vergeet van dit nou gaan hy op dit hammer! As julle opgehou vas het oor dit of iets anders, skryf neer die redes en as julle weer vas werk dinge bietjie beter uit!

      As dit kom by sex in vas tyd dis nie verkeerd of reg nie, dis maar vir elke persoon om te besluit. En as jy besluit het deel dit met jou man/vrou voor die tyd.

      Groete,
      Corne

  2. Trina Visser Avatar
    Trina Visser

    Hallo Corne, dit was lekker om te lees wat jy elke dag beleef het deur jou 21 dae watervas.

    Ek is nou op dag 1 van my watervas en het terselfdertyd, en na 30 jaar, samet die vas opgehou met rook. Ek het God so 2 jaar terug belowe en sal ophou rook en verseker hou God ons op ons beloftes.

    Ek is nie seker hoe lank ek moet vas nie, maar ek moet n deurbraak kry. Moet ek vas totdat die deurbraak daar is? Ek sal natuurlik ook meer tyd in die Here se teenwoordigheid deurbring.

    Sover, prys die Here, ek het vandag nie eers gedink aan n sigaret nie!!!

    1. admin Avatar
      admin

      Prys die Here! Hoop maar jou derde dag was nie te sleg nie!

  3. Marietjie Avatar
    Marietjie

    Wil graag weet as ek die 21 dae vas doen om gewig te wil verloor….kan ek dit gereeld doen? Of sal julle dit nie aanbeveel nie? Ek het heelwat om te verloor, hel al als probeer….het my daaglikse kos baie verminder, eet reg maar sukkel nogsteeds om gewig te verloor, kan ek bv vas en dan n maand of 2 klein porsies eet en weer vas? Sal bly wees as ek n antwoord op dit kan kry asb

    1. admin Avatar
      admin

      Hi Marietjie,

      Ek is geen expert op die gebied nie en weet ongelukkig nie. Ek het dit ook gedoen om gewig te verloor en het baie verloor.

      Daar is ook nie veel wetenskaplike navorsing op die gebied wat ek kan staaf nie so ek kan regtig nie se nie.

  4. EDEN FERREIRA Avatar
    EDEN FERREIRA

    MY NAAM IS EDEN. EK HET OP N STAKEN GEGAAN, DIE LEWE DRUK. EK HET DIE MAN VAN MY LEWE VERLOOR SO N WEEK TERUG. EK IS AL 5 DAE SONDER KOS. EK OOK NIE HONGER NIE. VANDAG IS VIR MY DIE ERGSTE. EK VOEL SO ALEEN EN VERSTOTE. EK HET MY DOODS KREED NOU IN N VAS VERANDER DAT GOD MY MOET GENEES VAN AL DIE ……. EK WEET NIE HOE OM DIT TENOEM NIE. HUIL ERG BAIE. MY HANDE RAAK SOOS NEDELS AND PINS. MY HARD IS GEBREEK. BID VIR MY ASB.
    ek is nou 54 jaar oud.